• Teken
    asseblief in

  • Feedback
    VOLTOOI DIE VOLGENDE VORM OM BINNE 1 MINUUT BY SOLIDARITEIT AAN TE SLUIT

    JOIN SOLIDARITY IN ONE MINUTE BY COMPLETING THE FOLLOWING FORM

    header

    Groter, beter en sterker in 2016

    Beste Solidariteit-lid

    Dit is vir ons aangenaam om ons suksesse van 2015 met jou te deel. Hierdie suksesse is nie Solidariteit se suksesse alleen nie; dit is ook jou suksesse. Elke rand
    wat jy bydra, dra by tot elke sukses wat behaal word. Elke glimlag van ‘n Akademia-gegradueerde is jou glimlag, en elke hofoorwinning is jou oorwinning. Ons wil jou bedank vir jou bydrae, jou insette op sosiale media, die teken van petisies en ondersteuning van hofsake.

    Ons poog om in 2016 nòg groter, beter en sterker te wees, maar ons het jou hulp nodig. Deel asseblief jou insette met ons sodat ons dit kan implementeer.

    Saam is ons sterker

    Jy kan ook jou vriend verwys om saam te bou aan die droom.

    Sien van die 2015 suksesse:

    1. Solidariteit het namens 25 van sy lede in ’n regsstryd met die SAPD getree oor hul toepassing van gelyke indiensneming.  Danksy jou hulp kan ons hierdie sake beveg.
    2. Solidariteit wil sy lede bedank vir hul ondersteuning met die VN-besoek waartydens ’n klag ingedien is oor die staat se gebruik van die nasionale rassedemografie as ’n kwotabeleid.  Danksy jul hulp en bystand gaan ons klag in Augustus 2016 deur die VN aangehoor word.
    3. Jou bydrae maak dit vir Solidariteit moontlik om deel te wees van krisistaakspanne om sukkelende plaaslike bedrywe red. 
    4. Elke lid se bydrae help om finansiële advies, regshulp en maatskaplike ondersteuning deur Solidariteit Helpende Hand tydens grootskaalse afleggings in Suid-Afrika aan lede te gee.
    5. Dankie vir jou hulp om ons stem sterker te maak in situasies waar ons sake veg teen die gebruik van ‘n kwotastelsel en absolute uitsluiting van persone op grond van hul velkleur.
    6. Dankie vir ondersteuning en bydraes tydens die DKD-hofsaak.  Ons verwag die uitspraak vroeg in 2016.  Dit is danksy jou hulp dat ons hierdie belangrike hofsake kan voer.
    7. Danksy Solidariteit-lede se volgehoue druk is dit vir Solidariteit moontlik om ’n brief aan die raad van Universiteit Stellenbosch te oorhandig waarin meer as 30 000 mense vir die behoud van Afrikaans op die kampus gestem het.
    8. Ons lede maak dit moontlik om die omstrede GEPF en die skoonbreukbeginsel in samewerking met die betrokke partye te hersien.
    9. Julle as lede en bekommerde landsburgers maak dit vir ons moontlik om politieke energie los te maak en kwessies soos belasting, misdaadsyfers, universiteitskwessies, onbekwame staatsamptenare en korrupte staatsinstellings aan te vat.
    10. Die Solidariteit Beweging kon op 10 Oktober saam met 3 000 lede en vriende sy Toekomsberaad hou waartydens die vyfjaarplan verduidelik is.  Hierdie plan beloop R3,5 miljard.  Dit is alles te danke aan elke lid sy maandelikse bydrae.
    11. Solidariteit-lede by ArcelorMittal-aanlegte oor die land heen sal ingevolge ’n onlangse ooreenkoms gunstige salarisverhogings ontvang. Danksy ledebydraes kan ons sulke ooreenkomste ten gunste van ons lede bewerkstellig.
    12. Lede maak dit moontlik dat Solidariteit ooreenkomste vir loonverhogings vir werknemers in die bedrywe onderteken.  Hierdie ooreenkomste gaan dikwels met moeilike onderhandelinge gepaard.
    13. Solidariteit monitor korrupsie en hang dit aan die groot klok.  Danksy ons lede se hulp kan ons hierdie tipe funksie vervul.
    14. Solidariteit gaan oor die volgende vyf jaar sowat R1,5 miljard belê in Afrikaanse opleiding. Hierdie belegging in die toekoms is slegs moontlik danksy kan slegs gemaak word danksy die bydraes van elke lid van Solidariteit.
    15. Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het in Solidariteit se guns beslis ná ‘n drie jaar lange geskil tussen die vakbond en Rheinmetall Denel Munition (RDM) oor laasgenoemde se vertolking van sy erkenningsooreenkoms met Solidariteit.
    16. Solidariteit het ‘n veldtog teen die Vergoedingskommissaris van stapel stuur. Dit het gevolg nadat die kantoor van die Vergoedingskommissaris in ‘n onlangse nuusberig gespog het met sy effektiewe stelsel terwyl talle werknemers, insluitend sowat 800 Solidariteit-lede, al vir jare wag dat hul eise teen die Vergoedingsfonds gefinaliseer word.
    17. Danksy intensiewe konsultasie met Technology Innovation Agency (TIA), kon die vakbond Solidariteit daarin slaag om die aflegging van sy lede by die staatsbeheerde IT-maatskappy te vermy. Die maatskappy het in September verlede jaar met ‘n afleggingsproses begin waardeur tot soveel as 75 werknemers geraak is.  Jy as lid kan deel in dié sukses.
    18. In die lig van die omstrede debat oor die gebruik van Afrikaans as ‘n amptelike / primêre onderrigtaal op tersiêre vlak, het die vakbond Solidariteit en burgerregte-organisasie AfriForum ‘n verslag oor die reg tot moedertaalonderrig op tersiêre vlak vrystel.
    19. Die hooggeregshof in Pretoria se verwerping van Khulubuse Zuma se dringende aansoek rakende die uitstel van regstappe teen die direkteure en bestuurders van Aurora Empowerment Systems is ‘n reuse-oorwinning vir voormalige Pamodzi-werknemers.
    20. Die staat se aansoek om verlof tot appèl teen ’n vroeëre uitspraak oor die aanstellingsbeleid van voorlopige likwidateurs is vanjaar deur die Wes-Kaapse hooggeregshof van die hand gewys. Die vakbond Solidariteit het as applikant deelgeneem aan die hofgeding van die Concerned Insolvency Practitioners Association (Cipa) teen die genoemde beleid. Die hof het in Januarie vanjaar beslis dié beleid is ongrondwetlik en dat dit op ’n kwotastelsel neerkom.
    21. Die Solidariteit Beweging het die hof genader om ’n verbiedende interdik teen die EFF en sy leierskap te bekom om die verdere aanhitsing van sy lede en die publiek om enige standbeelde in die land te beskadig of te verwyder, te verhoed.
    22. Die vakbond Solidariteit het sy lede aangemoedig om na selfdoen-alternatiewe te begin soek om die impak wat die voortslepende kragkrisis in Suid-Afrika op hulle het, self te verlig. Dit is ook waarom Solidariteit vanjaar as hoofborg van die jaarlikse KragDag Ekspo, ‘n Afrikaanse selfdoenskou met ’n sentrale fokus op energie, opgetree het.
    23. Die Solidariteit Beweging het sy lede opgeroep om ’n krisisberaad, met die tema “Ons is hier om te bly”, op Dinsdag 5 Mei by te woon. Die doel van die beraad was om indringend te besin oor die groeiende krisis in die land en om oplossings vir die uitwerking daarvan op die Afrikanergemeenskap te ontwikkel. Julle was almal betrokke omdat julle almal se insette belangrik geag word.
    24. Die Solidariteit Beweging het op ‘n krisisberaad in Pretoria ‘n mosie van wantroue in die Zuma-regering aanvaar. Verskeie ander mosies is van julle as lede ontvang.  So het julle ’n sê oor jul toekoms.
    25. Solidariteit het hofstukke bekendgemaak waarin hy die arbeidshof onder meer vra om die nasionale kragvoorsiener se huidige regstellende-aksieplan ongeldig te verklaar.
    26. Die vakbond Solidariteit het ‘n projek aangekondig wat behels dat behoeftige gehoorgestremdes van oor die land splinternuwe gehoorapparate ter waarde van ‘n halfmiljoen rand ontvang. Die apparate is deur Impact Hearing Systems – ‘n plaaslike maatskappy wat gehoorapparate verskaf en versprei – geborg.
    27. Die vakbond Solidariteit het in samewerking met die KragDag Ekspo ‘n hulpgids vir groter elektrisiteitselfstandigheid saamgestel en het ook ’n noodplan vir die gebeurlikheid van ’n algehele Eskom-onderbreking bekendgestel.  Jy was deel van hierdie projekte.
    28. Ons lede stel ons in staat om veldtogte vir die behoud van Afrikaans op Kovsies, Maties en die Puk van stapel te stuur.
    29. Danksy elke lid se bydrae kan Solidariteit met top regslui van die vakbond, senior navorsers, beraders en finansiële adviseurs, hom tot die arbeidshof wend om ‘n dringende interdik teen die beplande herstrukturering en afleggings by Telkom en ander bedrywe te bekom.
    •  
    •  
    •  
    •  
    •  
    •  
    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close