• Teken
    asseblief in

  • Feedback
    VOLTOOI DIE VOLGENDE VORM OM BINNE 1 MINUUT BY SOLIDARITEIT AAN TE SLUIT

    JOIN SOLIDARITY IN ONE MINUTE BY COMPLETING THE FOLLOWING FORM

    header2

    Stof tot Stof
    “Oor dor maretla’s tril die son vandag weer eens so erg
    van douvoordag tot koperskemer oor die berg.

    Die grond skeur oop, bars breed in uitgerekte sug:
    Geen wind, geen wolk, geen reëngerug in gloeiblou lug.”
    “Droogte by die Molopo” – CS Steenkamp

    Die jaar 2016 sal in argiewe onthou word as een van die ergste droogtegrepe wat Suid-Afrika al ooit verstrengel het.  Die aarde is verskroei en tot stof vertrap en die damme leeg; net die modder syfer deur.  Die boere is in die knyp en doen nie meer die moeite om die bees wat dors en swak lê te soek en op te tel nie.  Die lande lê braak en die noodkreet vir water en voer word oor die vlaktes heen gehoor.  Suid-Afrikaanse boere is op hul knieë gedwing en hoewel ʼn paar druppels  al bietjie verligting gebring het, is groot skade gely en hulp is steeds nodig vir dié in nood.

    Vier fotograwe het die dorre paaie van ons land gaan verken om die droogtekrisis op film vas te lê – nie vir sensasie nie, maar om ons medelandsburgers bewus te maak van wat werklik aan die gang is.  ’n Droogte soos hierdie een kan omvangryke nagevolge vir Suid-Afrikaners in die platteland sowel as in stedelike gebiede hê.  ’n Foto van leë, vaal landerye weerspieël in werklikheid leë winkelrakke.

    Solidariteit beplan om ʼn fotoveiling ten behoewe van die TLU-droogtefonds te hou op 28 Januarie 2016. Die veiling fokus op korporatiewe instansies. Die aanvangsbedrag  is R1 000. Enige individuele donasies is baie welkom.

    Vir meer inligting oor die fotoveiling of om die foto’s te besigtig, stuur ʼn e-pos aan heleen@solidariteit.co.za

    Die publiek word uitgenooi om die foto’s op  28 Januarie 2016 vanaf 09:00 – 11:00 by die Atterbury Teater te besigtig.

    Besigtig die foto’s in die katalogus hier.

    Borge
    Print advert5 Unlimited Events_GROUP_FINAL

    •  
    •  
    •  
    •  
    •  
    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close