BEL ONS: 012 644 4300

header1 header2

HELP MEKAAR EN KRY HOOP

ʼn Golf van afleggings is besig om deur die Suid-Afrikaanse ekonomie te spoel. Dat duisende poste by enkele groot maatskappye geraak word (bv. 9 000 by Telkom; 4 500 by Lonmin en 1 200 by ArcelorMittal) is welbekend, maar ongelukkig strek die krisis veel dieper. Alhoewel presiese en volledige getalle uiteraard nie bepaal kan word nie, toon hierdie blitsverslag dat, op grond van beskikbare inligting, die huidige afleggingsvlaag krisisafmetings aanneem.

Die vernaamste bevindinge in dié verslag is die volgende:

  1. Uit mediaberigte en lede se terugvoer is Solidariteit tans bewus van afleggings by 220 werkgewers.
  2. Net uit mediaberigte alleen blyk dit dat meer as 45 000 poste reeds vanjaar in personeelverminderingsprosesse geraak word.
  3. Plaaslike werknemervertroue is die laagste wat dit nog ooit was sedert die Solidariteit Navorsingsinstituut met opnames in die eerste kwartaal van 2013 begin het.
  4. Werksekerheid in Suid-Afrika het reeds die afgelope vier jaar verswak.
  5. Solidariteit het in Junie en Julie 2015 80% meer afleggingsnavrae vanaf lede hanteer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
  6. Tot op datum vanjaar is 15% meer ledenavrae vir advies en litigasiedoeleindes na Solidariteit se Regsdienste verwys as in die ooreenstemmende tydperk in 2014.
  7. Die mynbousektor verteenwoordig die grootste gevaar vir die arbeidsmark gemeet aan die moontlike impak op werkers. Die telekommunikasiebedryf en die staal- en metaalbedryf is verdere groot rolspelers wat afleggings betref. ʼn Aantal staats- of semi-staatsinstellings soos Telkom, die SA Poskantoor, SAA, Eskom en PetroSA speel proporsioneel ʼn groot rol in die ooglopende afleggingskrisis.

Solidariteit is sy lede se bondgenoot in die werkplek en beskerm sy lede teen uitbuiting. Solidariteit poog ook om vir die professionele individu werksekerheid te skep. Solidariteit maak seker dat sy lede die nodige bystand kry om hul werk, en dus hulle inkomste, te beskerm. Daarom sal Solidariteit sy lede ook tydens hierdie afleggingskrisis bystaan.

Jou werk is ons werk!

Volg gerus die skakels hieronder beskikbaar om hulp te verkry of om hulp aan te bied.

Kry hulp:

Media en terugvoer:

Afleggingskrisis – Solidariteit Wêreld

Deur Inge Strydom Te midde van die heersende afleggingskrisis in die land, het die vakbond Solidariteit vandag by ʼn mediakonferensie in Pretoria ʼn blitsverslag oor die omvang van die krisis bekendgestel. Luidens die verslag word tienduisende poste by honderde maatskappye tans deur afleggingsprosesse geraak. Daarby, meen die vakbond, is werknemervertroue  ... Lees meer

The post Afleggingskrisis: Suid-Afrika nader “perfekte storm” appeared first on Solidariteit Wêreld.

Tienduisende poste by honderde maatskappye word tans deur afleggingsprosesse geraak en werknemervertroue is op ʼn driejaarlaagtepunt. Dít is volgens die vakbond Solidariteit se blitsverslag oor die huidige afleggingskrisis wat vandag by ʼn mediakonferensie in Pretoria bekendgestel is. Volgens die blitsverslag, opgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut, blyk dit uit mediaberigte alleen  ... Lees meer

The post Minstens 45 000 poste vanjaar reeds in gedrang – Solidariteit appeared first on Solidariteit Wêreld.

Die vernaamste bevindings in dié blitsverslag is: Uit mediaberigte en lede se terugvoer is Solidariteit tans bewus van afleggings by minstens 220 werkgewers. Net uit mediaberigte alleen, blyk dit dat meer as 45 000 poste reeds vanjaar in personeelverminderingsprosesse geraak word. Plaaslike werknemersvertroue is die laagste wat dit nog was  ... Lees meer

The post Blitsverslag: Afleggingskrisis appeared first on Solidariteit Wêreld.

Die vakbond Solidariteit is vandeesweek tydens ʼn noodvergadering versoek om deel te wees van ʼn krisistaakspan om die sukkelende plaaslike staalbedryf te red. Die taakspan, wat ook uit verteenwoordigers van Numsa, Seifsa en ArcelorMittal sal bestaan, is gevra om met oplossings vir die bedryf vorendag te kom. Die taakspan sal  ... Lees meer

The post Taakspan in lewe geroep om staalbedryf te red – Solidariteit appeared first on Solidariteit Wêreld.

ArcelorMittal SA het ʼn “ambisieuse” plan om oor die volgende vyf jaar R4, 5 miljard te investeer en 700 poste te skep, aldus Paul O’Flaherty, bestuurshoof van die maatskappy. Die staalvervaardiger gaan ongeveer R1,1 miljard in sy Saldanha-staalwalsery in die Wes-Kaap belê.   Die fondse, wat deur middel van effekte en  ... Lees meer

The post Moontlike kontantinspuiting vir ArcelorMittal appeared first on Solidariteit Wêreld.

Viewing page 1 of 2|Next Page

aflegging_sluit_aan

  • Vra vir Frik:

Frik

  • 184
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close