BEL ONS: 012 644 4300
ArcelorMittal Suid-Afrika (AMSA) het op 10 Julie 2019 aangekondig dat die maatskappy beplan om sowat 2 000 werknemers af te dank. Dit is nie net 'n reuseskok vir die staalbedryf nie maar ook vir die gemeenskap as geheel in die Vaaldriehoek. Indien hierdie afleggings voortgaan, sal duisende gesinne beïnvloed word.

Solidariteit het besluit om in te tree, juis omdat hierdie kwessie soveel groter is as net AMSA – indien daar nie dringend ingegryp word nie, is dié afleggings dalk slegs die begin van vele ander in verskeie nywerheidsektore.

Solidariteit het ons lede gaan verteenwoordig waar daar verskeie rolspelers vanuit die staal- en vervaardigingsbedryf teenwoordig was. Jou steun het gehelp om hierdie rolspelers om die tafel te kry.

Die gesprekke wat tydens hierdie vergadering plaasgevind het, was baie positief en sonder twyfel 'n stap in die regte rigting. Dit is egter belangrik om druk op die regering te hou om te verseker hierdie gesprekke word aksieplanne.

Jou deelname om hierdie druk toe te pas, is net so belangrik. Onderteken die memorandum en maak jou stem dik sodat die regering kan tot aksie kan oorgaan en teen hierdie saak optree.

Vul die onderstaande in en onderteken
die memorandum aan die regering
AMSA Memorandum
onderteken_memorandum
Ek is 'n lid
Wil aansluit
kontak_toestemming
Hoe afleggings Vanderbijlpark en sy mense gaan raak
Hoe afleggings Vanderbijlpark en sy mense gaan raak
Meer oor hierdie veldtog

Afleggings is nie onbekend in die Suid-Afrikaanse staalbedryf nie. In 2016 het Suid Afrika sy tweede grootste staalvervaardiger, Highveld Steel, verloor toe die maatskappy sy deure gesluit het en 1 900 werknemers hulle werk verloor het. Daar was nog 'n verdere 13 600 poste wat met die sluiting van Highveld geraak is en talle diens- en produkverskaffers wat met Highveld sake gedoen het, moes gevolglik ook hulle deure sluit. Die Witbankstreek is hard getref en die impak op gesinne en die gemeenskap was groot.

ArcelorMittal Suid-Afrika, wat voorheen as Yskor bekend gestaan het, het diep spore in Suid-Afrika getrap. Die maatskappy bestaan al 107 jaar in Suid-Afrika en betaal honderde miljoene rand belasting elke jaar aan die regering. ArcelorMittal se teenwoordigheid in Suid-Afrika skep vir baie mense werk, en altesame 1.2 miljoen werkgeleenthede is reeds so geskep. Miljarde rande word deur die maatskappy deur sy kapitaalbegroting in Suid-Afrika bestee. 66% van alle werkgeleenthede in die Vaaldriehoek en Newcastle en 25% in Saldanha is as gevolg van ArcelorMittal se teenwoordigeheid.

Die staalbedryf in Suid-Afrika is al etlike jare in 'n afswaaifase as gevolg van swak ekonomiese groei, invoere en storting van staal uit China, hoë kragtariewe, duur grondstowwe, stygende vervoerkoste en traagheid van die Suid-Afrikaanse regering om vinnig op 'n krisis te reageer. ArcelorMittal is maar een van 'n aantal vervaardigers in die sektor wat sukkel. Columbus, Samancor, Afarak Mogale, Duferco en South 32 trek oor swaar. Teen die huidige tempo kan Suid-Afrika sy staalvervaardigingsektor in geheel verloor indien daar nie drastiese stappe gedoen word om die staalbedryf te red nie.

Registreer / Register

Maak toe / Close