Bedrywe – die dryfkrag agter Solidariteit

Woensdag, Maart 15th, 2017

Uitbuiting in die werkplek is ʼn werklikheid. Daarom is dit belangrik dat jy jouself vergewis van die bedrywe waarbinne Solidariteit funksioneer. Elke bedryf in Solidariteit word saamgestel uit sekere sektore wat beskerming vir duisende kollektiewe en individuele lede landswyd bied. Die bedrywe en die sektore waaruit hulle bestaan, word hieronder uiteengesit.

Die Mynbou-, Landbou- en Sementbedryf

Dié bedryf word saamgestel deur die mynbousektor, wat die kernsektor van Solidariteit vorm, en die landbou- en sementsektor. Die bedryf word bestuur deur Connie Prinsloo, ’n adjunkhoofsekretaris van Solidariteit. Die mynbousektor is georganiseer in die goud-, platinum-, koper-, chroom-, steenkool-, ystererts-, basismetale- en diamantbedryf. Wat die landbousektor betref, het ons verteenwoordiging by al die groot landboukoöperasies of agri-besighede.

Die Energiebedryf

Ons is ook aktief betrokke in die energiebedryf. Die chemiese sektor, Eskom, Denel, Krygkor en lugvaart is die sektore waaruit hierdie bedryf saamgestel word. Die energiebedryf staan onder die leiding van Deon Reyneke, ook ’n adjunkhoofsekretaris van Solidariteit. Ons verteenwoordig ʼn beduidende getal lede wat by Eskom werksaam is. In die chemiese sektor verteenwoordig ons werknemers by groot maatskappye soos Sasol, PetroSA en AEL. Ons verteenwoordig ook lede wat by glasvervaardigers werksaam is.

Die Metaal- en Ingenieursbedryf

Die ledegroei in hierdie bedryf het ongelooflik toegeneem en het daartoe aanleiding gegee dat die bedryf een van die grootste bedrywe in Solidariteit is. Marius Croucamp, die adjunkhoofsekretaris van Solidariteit wat vir hierdie bedryf verantwoordelik is, is die vakbond veral goed georganiseer by ArcelorMittal, Denel en Highveld Steel, asook by maatskappye in die motorvervaardigings- en bandebedryf soos Nissan, Volkswagen, Continental en Bridgestone.

Die Professionele Bedryf

Die bedryf bestaan uit die professionele sektor, die kommunikasiesektor en die mediese sektor. Lede in die Professionele Bedryf word by ʼn wye reeks instellings verteenwoordig soos onder meer by landbounavorsingsinstitute, universiteite en kolleges. Solidariteit beskerm en verteenwoordig lede in die mediese sektor al sedert 2009. Meer as 5 200 lede word tans in dié sektor verteenwoordig. Volgens Johan Botha, ’n adjunkhoofsekretaris van Solidariteit wat verantwoordelik is vir die bedryf, gaan dié bedryf nuwe geleenthede vir werknemers by onder meer banke en versekeringsmaatskappye bied.

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Nuuskommentaar: Swart ontleder slag heilige koeie van radikale transformasie by landbouskou
Dit is maklik vir die ontwerpers en toepassers van radikale ekonomiese transformasie (RET) om kritiek daarop uit wit geledere af te skiet. Koppel dit net aan ʼn begeerte om wit bevoorregting en oorheersing in stand te hou (ongeag of hierdie drang werklik by die kritici bestaan), voeg ʼn uitdruklike of  ... Lees meer
Nuuskommentaar: Die president moet álle moorde veroordeel
Eugene Brink   Pres. Jacob Zuma se oproep dat alle Suid-Afrikaners moet verenig teen aanvalle en moorde op vroue en kinders, asook teen mensehandel, moet geloof word. Tussendeur al sy politiekery, rassisme en ondeugde is dit ʼn welkome boodskap, al is die impak daarvan onseker en waarskynlik slegs simbolies. Dit  ... Lees meer
Nuuskommentaar: ANC nou kwaad oor Molefe, maar hy is net nog ʼn kader
Eugene Brink   Brian Molefe se terugkeer na Eskom as uitvoerende hoof nadat die kragverskaffer se direksie om weer aangestel het, is besig om weer die verdelings in die ANC en ook pres. Jacob Zuma se greep op die party op skouspelagtige wyse na vore te bring. Lynne Brown, minister  ... Lees meer
1 2 3 75