BEL ONS: 012 644 4300
DEEL MET JOU VRIENDE
Die SAL skuld reeds R33 miljard en benodig nou nog R21 miljard van jou geld. Jou geld gaan net weer vermors word. Die sakereddingsaansoek moet dit stuit. Om suksesvol te wees moet ons die hof kan oortuig dat duisende belastingbetalers so 'n aansoek steun. Solidariteit soek 'n mandaat van belastingbetalers wat deel van die hofsaansoek gaan vorm. Indien 10 mense ons steun, gaan die regter vir ons lag. Indien 10 000 ons steun, is ons sterk en as daar 100 000 is wat ons steun, is ons baie sterk. In hierdie geskiedkundige hofsaak het ons dus elke belastingbetaler se steun nodig.

gee jou mandaat en wees ‘n belastingaktivis!

Dit is jou kans om saam met ons nee te sê vir belastingmisbruik. Gee ons jou mandaat sodat ons die hof kan wys namens wie ons veg.
Belastingvuis Klagstaat | ALMAL
se nee
kontak_toestemming
Dit is een van die ingrypendste maniere hoe belastingbetalers die vermorsing van hul geld die stryd kan aansê. Belastingbetalers moet hul stem laat hoor oor die misbruik en vermorsing van hul belastinggeld. Die krag van 'n groot groep belastingbetalers is sterker as die mag van die staat, maar om suksesvol te wees, moet belastingbetalers saamstaan.
Wat gebeur verder:

Mislukte staatsondernemings slurp jaarliks miljarde rande op en steeds belê die staat jou belastinggeld roekeloos in hierdie ondernemings. Daarom het Solidariteit met 'n vyfpunt-belastingvuis vorendag gekom.

Met die SAUK 8-saak het Solidariteit reeds sukses behaal en Hlaudi Motsoeneng betaal steeds af aan die kostebevel teen hom.
Solidariteit gaan Brian Molefe nou privaat laat vervolg nadat die Nasionale Vervolgingsgesag dit van die hand gewys het.
Solidariteit is besig met die voorbereiding van hofstukke om verantwoording van direkteure ingevolge die Maatskappywet te eis.
Solidariteit het reeds ingevolge die Maatskappywet gevra vir ondersoeke en vervolging.
Solidariteit gaan nou voort met 'n aansoek om die SAL in sakeredding te plaas.

Belastingvuishou Blokke | Afrikaans

DEEL MET JOU VRIENDE

Registreer / Register

Maak toe / Close