BEL ONS: 012 644 4300

header

Nadat ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens by sy huis in die Moot in Pretoria doodgeskiet is op 18 Januarie in ‘n kaping, en in die lig van Nasionale Polisiedag op 27 Januarie, gee Solidariteit op hierdie dag spesiale Sterre in die Gemeenskap-toekennings aan polisiebeamptes wat meer doen as wat van hulle verwag word tot voordeel van hul gemeenskappe.

Is daar ‘n polisiebeampte in jou gemeenskap wat ‘n Ster in die Gemeenskap-toekenning verdien? Benoem vandag jou polisie Ster in die Gemeenskap. Vertel vir ons wie die polisiebeampte is en wat hy of sy vir jou en jou gemeenskap beteken. Stuur jou storie na marisa@solidariteit.co.za

  • BEAMPTE SE KONTAKBESONDERHEDE

  • U NAAM EN KONTAKBESONDERHEDE

*Sluitingsdatum vir benoemings is 25 Januarie. Die Sterre in die Gemeenskap sal op Nasionale polisiedag op 27 Januarie bekend gemaak word.

Riglyne vir Sterre in die Gemeenskap:

  • Die polisiebeampte moet by die SAPS werksaam wees.
  • Hy/Sy moet ʼn Christelike en voorbeeldige lewenswyse hê.
  • Die werk of daad waarvoor die persoon benoem word, moet tussen 2014 en 2016 plaasgevind het.
  • Die polisiebeampte se prestasie of die verskil wat hy/sy in die gemeenskap gemaak het, moet uitsonderlik van aard wees en nie bloot alledaags nie.
  • Die beampte moes ʼn positiewe verskil in die gemeenskap gemaak het.
  • Die beampte streef sukses na en kan struikelblokke oorkom.
  • Die beampte leef sy roeping uit.
  • Die beampte is pligsgetrou, verantwoordelik, eerbaar en onbaatsugtig.
  • 2
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close