• Teken
    asseblief in

  • header1

    [div class=”eskom-links”]

    Te midde van die heersende kragkrisis dwing die departement van arbeid Eskom om sy toepassing van regstellende aksie te verskerp. Volgens nuwe planne en teikens van Eskom, wat deur die departement onderskryf word, moet die nasionale rassedemografie teen 31 Maart 2020 in die maatskappy se werksmag weerspieël word.

    Dit sal beteken dat Eskom oor die volgende vyf jaar van tot soveel as 3 400 gekwalifiseerde en ervare wit werknemers ontslae moet raak.

    Solidariteit meen die Eskom-krisis is so groot dat dit gebiedend noodsaaklik is dat Eskom van irrasionele rasseteikens vrygestel word. Die laaste ding wat Eskom nou behoort te doen, is om ʼn klimaat te skep waarin enige vaardige werknemer nie tuis voel nie.

    Solidariteit wil verseker dat Eskom vaardighede van kritieke belang behou en dat die land nie in totale duisternis gedompel word nie. Eskom se absurde najaag van rasseteikens sal uiteindelik katastrofiese gevolge vir almal in Suid-Afrika tot gevolg hê.

    Solidariteit wil namens die gemeenskap optree. Ons het jóú steun nodig om aan die regering te wys dat ons as ’n gemeenskap saamstaan teen Eskom se rasseteikens en die impak wat dit op die lewering van elektrisiteit het.

    Daar is twee maniere waarop jy dit kan doen:

    1. Stuur jou petisiebrief aan die minister van arbeid. Klik hier.
    2. Stuur ʼn SMS-petisie. SMS die woord VRY na 34802. (ʼn SMS kos R2.) Elke SMS sal ook as ʼn petisie tel en Solidariteit sal dit namens jou aanstuur. 

    Jou petisie kan help om Eskom van rasseteikens te bevry en dat Suid-Afrika se ligte aanbly!

    Neem verder deel

    1. Like” Solidariteit se Facebook-blad en deel ons plasings oor die veldtog met jou vriende. Klik hier.
    2. Twiet oor die veldtog en gebruik #bevryEskom.
    3. Laat weet jou vriende van die veldtog.

    Lees Meer

    [end-div][div class=”eskom-regs”]petisie-blokkie 1-minuut-blokkie[end-div][div class=”eskom-clear”][end-div]

    •  
    •  
    •  
    •  
    •  
    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close