U en ’n metgesel word hiermee hartlik uitgenooi na die bekendstelling van die bundel, Vat jou goed en bou (20 jaar van Solidariteit), uit die pen van dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.
Kom stap saam met ons deur Solidariteit se verlede. Herbesoek die temas wat Solidariteit die afgelope 20 jaar passievol aangespreek en ondersteun het.
“Die krag van die Solidariteit Beweging is die krag van bietjies. Elkeen doen sy deel. As al hierdie bietjies bymekaar kom dan bou ons aan een van die grootste projekte nog: ʼn toekoms waarin ons en ons kinders vry, veilig en voorspoedig kan wees.” – Dirk Hermann
Datum: | Donderdag, 9 November 2017 |
Tyd: | 08:30 vir 09:00 tot 12:00 |
Plek: | Die Atterbury Teater, Lynnwood Bridge-sentrum, Lynnwoodweg, Pretoria |
Bevestig bywoning hier voor of op 1 November 2017.