BEL ONS: 012 644 4300

bau-header

Talle ouers is bekommerd oor hul kinders se studies; baie personeellede verbonde aan universiteite weet nie wat volgende jaar inhou nie en baie studente twyfel oor hul toekoms in ons land.

Solidariteit mors nie met ʼn krisis nie; ons is besig om ’n privaat Afrikaanse universiteit te bou. Al gaan jy nie nou deel daarvan wees nie, kan jy iets vir die nageslag agterlaat.

Ons wil binne een maand R1 miljoen se R10’e insamel om die uitbreiding van ons universiteit te versnel. Akademia het in ’n kwessie van ’n paar maande sy studiesentrums tot 11 sentrums landswyd uitgebrei en hy het sy aanbod van studierigtings vergroot. (Klik hier vir meer inligting.) Daar is nog baie ander studierigtings op Akademia se lys van beoogde toevoegings tot sy aanbod en die vraag na Akademia se kursusse groei dag na dag.

Ons kan nie meer wag dat iemand anders ’n toekoms vir ons kinders bou nie. Nou moet ons dit self doen. SMS die woord “BOU” na 38040 en skenk só R10.

As die huidige situasie op kampusse finansiële, operasionele en logistieke probleme vir jou inhou en jy jou stem wil laat hoor, klik hier en deel jou mening met ons.

Solidariteit gaan ʼn verslag saamstel en dit aan die universiteite en die media bekendmaak.

Ons gaan ook vasstel watter regstappe tot ons beskikking is om hierdie kwessie ook langs dié weg te takel.

Ons kan nie langer wag dat iemand anders vir ons kinders ’n toekoms bou nie. Ons moet dit nóú self doen. Vul die vorm in om jou bydrae te maak. Dis net R10 vir jou kind se toekoms.

  • 3.8K
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close