BEL ONS: 012 644 4300

header2

Sedert die geweld en ontwrigting op ons kampusse die afgelope drie weke toegeneem het, word Solidariteit deur talle navrae oorval. Solidariteit beskou die veiligheid op kampusse as eerste prioriteit en ons deel jou kommer en frustrasie oor die situasie wat tans landswyd op kampusse heers.

Solidariteit nooi jou daarom uit om met jou planne en idees na ons oplossingsvergadering in Bloemfontein te kom sodat ons saam ’n plan kan maak. Solidariteit sal ook sy planne op die tafel plaas.

Dr. Dirk Hermann sal die vergadering toespreek en sy boodskap sal fokus op die rol van die stille meerderheid en die gevare wat geloop word as gesonde waardes hul belangrikheid verloor.

Ons versoek vriendelik dat jy sal aandui of jy die vergadering sal bywoon sodat ons die getalle kan bevestig.  Vul die vorm hieronder in.

Ons sien uit om julle daar te ontvang sodat ons op ’n oplossingsgedrewe manier na die probleem kan kyk en hierdie aangeleentheid ook saam as ’n gemeenskap takel. Ons kan nie toelaat dat en toekyk hoe ’n klein radikale groep die meerderheid se toekoms in gedrang bring nie.

Datum: Dinsdag, 25 Oktober

Tyd: 18:00

Plek: NG kerk Heuwelkruin 43 Statford Street, Bloemfontein, 9332

  • 56
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close