BEL ONS: 012 644 4300
Loading RSS Feed

BEMAGTIG JOUSELF DEUR S-LEER

Binnekort beskikbaar

Binnekort beskikbaar

Covid-19: Veiligheidsmaatreëls noodsaaklik in piektydperk


Solidariteit het vandag 'n beroep op werkgewers gedoen om veral tydens die piek van die koronakrisis nie net hulle stryd téén die virus nie, maar ook die geveg vír volhoubare sakebedrywighede te verskerp.   Paul Mardon, Adjunkhoofsekretaris, Strategie en Volhoubaarheid by Solidariteit,  verduidelik: “Behoorlike risikoanalises, die instelling en nakoming van...

Lees meer >

Private kleuterskole wat VKO aanbied mag heropen


Deur Reon Janse van Rensburg Verklarings wat vroeër vandeesweek deur die minister van maatskaplike ontwikkeling se departement uitgereik is, het groot onsekerheid meegebring aangaande die heropening van private kleuterskole in Suid-Afrika, selfs nadat die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), Solidariteit en Bronkieland Kleuterskaool die hooggeregshof in Pretoria dringend in verband hiermee genader...

Lees meer >

Maar hoe gaan dit nog met jou?


Dit is Julie. Die blote gedagte daaraan is verstommend. Oor die algemeen vlieg elke jaar verby en dien die vinnige tydsverloop as goeie gespreksaanknopingspunt wanneer jy ’n ou kennis in Spar raakloop en nie weet waaroor om te gesels nie. Dié jaar is egter anders. Veel anders. Tyd beweeg baie...

Lees meer >

WIE IS SOLIDARITEIT

Solidariteit is jou bondgenoot,
as’t ware jou ouer broer, in die werkplek – die een wat al sedert 1902 sy lede teen uitbuiting in die werkplek beskerm; die een wat selfs vir jou as professionele individu werksekerheid skep.

Solidariteit se sukses lê in ’n totale netwerk van werk in kort, ’n Solidariteit NetWerk. Dit is verskillende werkinstellings wat Solidariteit die afgelope 20 jaar gebou het wat aan mekaar gekoppel is om die totale werkspad met ’n lid te stap. Solidariteit bied tans ’n betroubare diens aan nagenoeg 140 000 lede in alle beroepsvelde, kollektief en professioneel, en het die passie en kennis om na die belange van sy lede om te sien en te verseker dat hulle regte in die werkplek beskerm word.

Die vakbond het meer as 20 kantore landwyd en lede word deur meer as 300 personeellede en 1 275 vakbondverteenwoordigers in duisende maatskappye bedien. Eenvoudig gestel: Solidariteit maak seker dat sy lede die nodige bystand kry om hulle werk en dus hulle inkomste te beskerm, want jou werk is ons werk!

WAT BIED ONS?

Arbeidsdienste
Die vakbond Solidariteit se hooffunksie is om sy lede in die werksplek te beskerm. Solidariteit doen dit deur sy Arbeidsdiensteafdeling wat in verskeie bedrywe duisende kollektiewe en individuele lede landswyd beskerm.
Bedrywe in Solidariteit
Solidariteit organiseer kollektief in verskeie Suid-Afrikaanse bedrywe wat ondermeer Mynbou, Metaal- en Ingenieurswese, Landbou, Lugvaart, Chemies en Universiteitwese insluit. Hulle verteenwoordig ook individuele lede in onderskeie werksplekke regoor die land.
Solidariteit Regsdienste
Solidariteit se regsdepartement is nie net die grootste regsdepartement in alle Suid-Afrikaanse vakbonde nie, maar tel ook onder die grootste arbeidsregpraktyke in Suid-Afrika.
SLUIT VANDAG AAN BY SOLIDARITEIT
1 minuut aansluiting

Registreer / Register

Maak toe / Close