BEL ONS: 012 644 4300
Ten spyte van ‘n stormagtige 2018 vir Suid-Afrika het Solidariteit ‘n ongelooflike jaar gehad. So op die einde van die jaar wil ons ‘n reuse dankie sê vir elke Solidariteit-lid en ondersteuner

Hierdie jaar was vol oorwinnings, ons het Brian Molefe van Eskom in die hof pak gegee, ons het opgestaan teen rasboelies en ons stemme dik gemaak teen Discovery se rasplanne en die MiWay baas se uitsprake.

Ons het ook gebou, gegroei en uitgebrei. Solidariteit Jeug en Beroepsgildes is op die been gebring, Akademia en Sol-Tech is nou wêreldklas, Solidariteit Helpende Hand kon nagenoeg R40 miljoen se studiehulp uitbetaal, ons Skoleondersteuningssentrum kon dit reg kry om openbare skole se arms regop te hou en S-Leer is hier om voortgesette leer in die werksplek te verseker.

Volgende jaar gaan nog ‘n groter jaar wees en ons gaan JOU weer nodig hê. Mag jy hierdie feesseisoen rus, in jou familie belê en krag kry uit die boodskap van Christus se geboorte. Kyk na die onderstaande video van Solidariteit se bestuurshoof waarin ons vir jou dankie sê:

Registreer / Register

Maak toe / Close