BEL ONS: 012 644 4300
Solidariteit het in 2019 groot dinge namens sy lede bereik. Al wat ons kan sê is: Dankie, 'n duisend maal dankie vir 'n suksesvolle 2019! Ons kan met dankbaarheid terugkyk op 2019 en al die erkenning daarvoor aan ons lede en ondersteuners gee.

Jy is die een wat juffrou Elana in die hof verdedig het. Jy het belastingplunderaars soos Brian Molefe 'n vuishou gegee en jy het teen rasseboelies soos Discovery gestap. Dit is jy wat die BLF vasgevat het en jy wat hande gevat het om Rene Fick in haar pos by die SAPD terug te kry. Jy maak die toekomsplanne vir 2030 moontlik. Jy bou saam om te bly en jy staan op teen rassediskriminasie.

Dankie vir jou ondersteuning in 2019. Ons wens jou 'n Geseënde Kersfees saam met jou familie toe. Gee in die tyd die grootste geskenk aan jou gesin en familie en dit is kwaliteit-tyd.

Ons planne vir 2020 is groot. Word deel daarvan en sluit aan by Solidariteit! Kom deel in ons gemeenskap en bou saam met ons aan 'n vry, veilige en voorspoedige Suid-Afrika!
Sluit vandag aan by Solidariteit:
Dankie vir 2019
Ek wil aansluit as:

Registreer / Register

Maak toe / Close