BEL ONS: 012 644 4300

Die wapenvervaardiger, Denel, is in Solidariteit se visier oor onder meer finansiële wanbestuur, omseiling van tenderprosedures, die onregmatige toekenning van 'n R1,2 miljoen-beurs aan die seun van die Noordwes-premier en 60%-verhogings aan topbe- stuur terwyl werknemers wonder of hulle nog salarisse gaan ontvang.

Solidariteit het verskeie onthullings in 'n verslag, getiteld die Denel-dossier, gemaak.

  • Denel se topbestuur het in 2017 verhogings van tot 60% ontvang in dieselfde tyd as wat Denel nie die nodige fondse gehad het om werknemers se volle salarisse in Desember te betaal nie.
  • Ten spyte van Denel se finansiële krisis het Denel se topbestuur 100%-prestasiebonusse ontvang.
  • Verskeie hulppakkette is reeds deur die regering aan Denel uitbetaal.
  • Werknemers word met afleggings gedreig.
  • 'n Gedeelte van werknemers se salarisse is in 2017 afgetrek as deel van 'n spaarplan wat veronderstel was om namens die werknemers bestuur te word. Denel se finansiële posisie was egter so swak dat die werknemers se eie geld nie aan hulle uitbetaal kon word nie. Dit wil voorkom of dit aangewend is om wanbestuur te finansier.
  • 'n Denel-beurs van R1,2 miljoen is aan die seun van die Noordwes-premier gemaak. Dié beurstoekenning het nie volgens korrekte prosedures geskied nie en is onregmatig toegeken.

In die verslag vra Solidariteit dat Denel se topbestuur, insluitend die uitvoerende hoof, Zwelakhe Ntshepe, en die finansiële hoof, Odwa Mhlwana, geskors moet word hangende 'n forensiese ondersoek. Solidariteit vra ook dat beweerde finansiële wanbestuur, omseiling van tenderprosedures en minagting van interne beleid ondersoek word.

Ondersteun Solidariteit om belastingkorrupsie by Denel te beveg! Gee jou mandaat aan ons deur die vorm te voltooi.

Denel Mediakonferensie:

Mandaat

Hiermee gee ek 'n mandaat aan Solidariteit om namens my as belastingbetaler te veg teen belastingkorrupsie in Suid-Afrika. My belastinggeld mag nie verder in die plunderput van staatsinstellings gestort word nie. Belastingbetalers eis verantwoordbare, professionele privaat bestuur van instellings wat deur óns geld finansier word. Ek aanvaar dat daar geen verdere regte en verpligtinge op my of Solidariteit is met die gee van die mandaat nie

SAL

(U ID-nommer word slegs gebruik om duplikaatmandate uit te skakel en sal nie bekendgemaak word nie.)

Ons sal terugvoer oor die veldtog aan u stuur. Dui asb. u voorkeurkommunikasiemedium aan (e-pos/selfoonnommer).

Registreer / Register

Maak toe / Close