BEL ONS: 012 644 4300
TEKEN ONS PETISIE

Verskeie Denel- uitvoerende bestuurslede word impliseer in grootskaalse korrupsie en bedrog wat die verlies van nagenoeg R600 miljoen veroorsaak het. Denel sukkel om sy finansiële verpligtinge na te kom het het aangedui dat 'n herstruktureringsproses, wat tussen 600 en 700 Denel-werknemers kan raak, moontlik voorlê.

Solidariteit het reeds in dringende kommunikasie aan voormalige minister Lynne Brown, aangedring dat die betrokke Denel- uitvoerende bestuurders ondersoek moet word. Die herwinning van die verlore fondse moet prioriteit geniet ter wille van Denel-werknemers se werksekerheid, aangesien die fondse genoeg is om 25% van Denel se totale salarisrekening te befonds. Dié kommunikasie het egter op dowe ore geval.

Solidariteit verwelkom die aanstelling van Minister Pravin Gordhan en glo dat 'n ondersoek onder sy leiding as prioriteit kan plaasvind.

Onderteken Solidariteit se petisie om enige herstruktureringsprosesse te staak hangend die ondersoek oor die Denel- uitvoerende bestuur se wanbesteding en korrupsie!

Die petisie is oop vir alle Denel-werknemers. Solidariteit hoop om 'n baie sterk boodskap aan minister Gordhan te stuur.

Vra asb. al jou kollegas om deel te neem aan die petisie.
Geagte minister Gordhan

Dit is onbillik dat mý werksekerheid in gedrang is weens Denel uitvoerende bestuur se oneerlikheid. Ek dring aan dat:
  1. Geen herstrukturering mag plaasvind voordat die Denel- uitvoerende bestuur ondersoek is nie.
  2. Die Denel- uitvoerende bestuur nie vertrou kan word om 'n billike herstruktureringsproses te hanteer nie, aangesien hulle impliseer is in onwettige aktiwiteite en duidelik gewillig is dat hul werknemers die spit afbyt vir hul dade.
STOP DENEL-AFLEGGINGS!

Onderteken deur:
Denel Afleggings
Sluit aan by Solidariteit en maak ons sterker binne Denel.
1 minuut Denel

Registreer / Register

Maak toe / Close