BEL ONS: 012 644 4300
Dinsdag | 04 Augustus | 2020 Uitspraak in die guns van Solidariteit: Denel moet betaal

Die arbeidshof het vandag ten gunste van Solidariteit beslis en uitspraak teen Denel gelewer. Volgens die uitspraak is Denel beveel om alle uitstaande kontraktuele en statutêre verpligtinge wat hy teenoor Solidariteit-lede het teen nie later nie as 7 Augustus na te kom. Dit sluit die betaling van alle uitstaande salarisse  … Lees meer

Woensdag | 22 Julie | 2020 Denel-salarisse: Solidariteit hervat regsaksie

Solidariteit het vandag bekend gemaak dat hy die regsaksie wat hy in Junie teen Denel ingestel het, gaan hervat. Solidariteit sou op 30 Junie in die arbeidshof wees vir die saak teen Denel oor sy versuim om sy werkers se salarisse te betaal en statutêre verpligtinge na te kom. Die  … Lees meer

Dinsdag | 23 Junie | 2020 Solidariteit in hof teen Denel: datum bekend

Solidariteit sal op 30 Junie in die arbeidshof wees vir die saak teen Denel oor sy versuim om sy werknemers se salarisse ten volle te betaal. Dit volg nadat Solidariteit die hof op 19 Junie genader het om oor die saak te beslis.   Werknemers se salarisse vir Mei 2020  … Lees meer

Dinsdag | 19 Mei | 2020 Inperking: Denel kan nie salarisse bekostig

Solidariteit het op 18 Mei met Denel vergader nadat hy kommunikasie vanaf Denel ontvang het wat aangedui het dat dit nie vir die wapenvervaardiger moontlik sal wees om aan die einde van Mei sy werknemers se salarisse te betaal nie.   “Die huidige inperkingsmaatreëls vererger die situasie waarbinne Denel homself  … Lees meer

Dinsdag | 20 Augustus | 2019 Denel: Solidariteit wen in die hooggeregshof

Solidariteit is verheug oor die hooggeregshof se bevinding dat die wapenreus Denel op ’n dringende grondslag sy statutêre verpligtinge teenoor sy werknemers moet nakom. Denel word nou deur die hof gedwing om die werkloosheidsversekering en belasting wat oor ʼn aantal maande van werknemers se salarisse afgetrek is, oor te betaal.  … Lees meer

Woensdag | 31 Julie | 2019 Solidariteit bal belastingvuis by Denel

Deur Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit Suid-Afrika word die afgelope ruk gebombardeer met staatskaping, sukkelende staatsondernemings en wanbestuur. Miljarde rande se belastinggeld is vermors. Dis nie staatsgeld wat vermors is nie, maar ons gewone belastingbetalers se geld. Die omvang daarvan is net so oorweldigend dat ons nie meer kan  … Lees meer

Woensdag | 31 Julie | 2019 Solidariteit loop Denel trompop

Solidariteit het vandag dringende hofstukke op die sukkelende wapenvervaardiger Denel beteken om hom te dwing om werkloosheidsversekering en belasting wat van werknemers se salarisse afgetrek is, oor te betaal. Solidariteit het ook met ’n proses ingevolge artikel 165 van die Maatskappywet begin om wanbestuur en korrupsie van voormalige direkteure van  … Lees meer

Sondag | 28 Julie | 2019 Solidariteit bal belastingvuis

Die Solidariteit NetWerk het aangekondig dat hy die komende week gaan afskop met ’n omvattende wettige belastingprotes-veldtog. Dié protes sluit minstens ses regsaksies teen staatsondernemings en belastingplunderaars in. Die aksies behels onder andere ’n aansoek vir sakeredding van die SAL. Volgens Solidariteit gaan die SAL-saak die grootste belastinghofsaak nóg in  … Lees meer

Maandag | 22 Julie | 2019 Solidariteit gedwing om regstappe teen Denel in te stel

Solidariteit is ontstoke nadat Denel sy werkers in kennis gestel het dat hul Julie-salarisse dalk nie betyds betaal sal kan word nie. “Dit is totaal onaanvaarbaar as salarisse nie betyds betaal word nie en ons veroordeel dit. Dit hou enorme en verreikende gevolge in en Solidariteit is gereed om Denel  … Lees meer

Donderdag | 18 Julie | 2019 Denel-pensioenfonds: Onsekerheid heers

Solidariteit is deur Denret ingelig dat hy nog nie betaling van die pensioengeld ontvang het nie en Solidariteit het gevolglik bewys van betaling vanaf Denel geëis. Denel se bestuur het gister in ʼn vergadering met vakbonde gesê dat uitstaande pensioenbydraes ten volle oorbetaal is en dat hulle nou besig is  … Lees meer

Registreer / Register

Maak toe / Close