BEL ONS: 012 644 4300
DEEL MET JOU VRIENDE
Korrupsie, finansiële wanbestuur en ernstige kontantvloeiprobleme is besig om Denel lam te lê en bring die werknemers se werksekerheid in gedrang.

Solidariteit het 'n geleentheid ontvang om praktiese en uitkomsgedrewe voorstelle aan dr. Danie du Toit, uitvoerende hoof van Denel, voor te hou in 'n poging om oplossings te vind vir die uitdagings waarmee Denel tans gekonfronteer word.

Ons het egter jou hulp as Denel-werknemer nodig. Jou institusionele kennis, ondervinding, en vaardighede kan tot Denel se herlewing bydra.

Ons gaan op 31 Mei 2019 jou idees in die vorm van 'n werknemersmemorandum saamstel en aan dr. Danie du Toit oorhandig.
Help ons om Denel se teenspoed in voorspoed te omskep. Vertel ons:
  1. hoe Denel geld kan spaar deur dinge beter en goedkoper te doen;
  2. hoe Denel sy besigheidsgeleenthede kan ontgin om 'n wins te kan toon, met ander woorde - 'n omdraaistrategie.
Denel Kennis 2019
(max 300 woorde)

of laai vir ons jou wenke in ´n Word dokument hier op'
File Upload
Drop a file here or click to upload Choose File
Maximum upload size: 16.78MB
BOODSKAP VANAF DIRK
DEEL MET JOU VRIENDE

Registreer / Register

Maak toe / Close