Die behoefte vir studiefondse is groter as ooit tevore en baie voornemende studente het veral in hierdie krisistyd ʼn hupstoot nodig. Opleiding is noodsaaklik vir jongmense in die werkhersteltyd en Solidariteit belê baie geld om verskeie opleidingsinstellings te vestig. Toegang tot opleiding is egter van groot belang.
Daarom gaan Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) in hierdie tyd radikaal uitgebrei word. Die nood vir studiefondse gaan ook vergroot soos wat studie-instellings soos Akademia, Sol-Tech en Bo-Karoo Opleiding uitbrei en vergroot.
Die SFS het in 2008 as ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand ontstaan met die doel om behoeftige jongmense op te hef deur aan hulle finansiële hulp te bied om sodoende hul tersiêre studies moontlik te maak. Hierdie projek het oor die afgelope 12 jaar 6 280 behoeftige studente se studies met ’n totale bewilligde bedrag van R205 miljoen moontlik gemaak.
Daar word beplan om in 2020 sowat R43,5 miljoen uit te betaal. Omvattende planne word in werking gestel om die uitbetalings vir 2021 verder te vergroot om ook vir die gevolge van Covid-19 voorsiening te maak.
Om die groter vraag na beurse te ondervang, gaan die gemeenskap gevra word om studente op groot skaal te help. Die fonds gaan jaarliks uitgebrei word en daar word beraam dat daar vanaf 2030 sowat R180 miljoen per jaar se studiegelde net vir Solidariteit-opleidingsinstellings uitbetaal sal word.
Hoe werk dit?
Die Studiefondssentrum help behoeftige Afrikaanse studente met gedeeltelike, rentevrye studielenings om te kan studeer. Hierdie studiehulp word moontlik gemaak deur ons donateurs, wat op een van drie maniere tot die studiefondssentrum bydra:
Afgestudeerde studente wat hul rentevrye studielenings terugbetaal help weer om die volgende studente se studies ook moontlik te maak.
Vir meer inligting, besoek https://helpendehand.co.za/studiefondssentrum/