BEL ONS: 012 644 4300
Stuur JOU direkte boodskap aan Gore:

“Mnr. Gore

U dink dit is 'n goeie ding om my uit te sluit bloot weens my velkleur. Hoewel my geld goed genoeg is vir u besigheid, is my velkleur blykbaar nie.

Dit is absolute rasse-uitsluiting. Dit is rassisme. Dit is dubbele standaarde, en dit is verkeerd.

Hersien u planne en skaf die ras-alleen-maatstaf af.”
Discovery
Geen persoonlike inligting sal gedeel word nie.
Die hoof van die Discovery Groep, Adrian Gore, het aangekondig dat 10% van die aandele van die bekende groep se nuwe bank bloot op grond van ras verniet uitgedeel gaan word. Discovery doen dit want dit is volgens hulle 'n “baie goeie ding om te doen.”

Velkleur alleen bepaal jou waarde vir Discovery. Die absurditeit is dat 'n swart miljoenêr beloon word en 'n wit boemelaar uitgesluit word – want dit is “'n baie goeie ding om te doen.”

Volgens ons is rassisme nie “'n goeie ding” nie. Dubbelstandaarde, vermom as “goeie dade,” durf ons nie toelaat nie. Discovery sê hulle wil konsulteer.

Kom ons oorval Adrian Gore met duisende stemme wat sê dat rassisme en dubbelstandaarde verkeerd is; dat alle burgers van Suid-Afrika gelyk behandel moet word;

dat ons net 'n normale land sonder rasse-uitsluiting wil hê.
Maak jou stem dik! Discovery wil jou uitsluit omdat jy wit is. Jou velkleur bepaal jou waarde.
Sê dit is verkeerd! Stuur jou brief aan die hoof van Discovery.

Registreer / Register

Maak toe / Close