DKD minag grondwethofbevel ná geskiedkundige regstel-uitspraak – Solidariteit

Woensdag, Desember 7th, 2016

 

Die vakbond Solidariteit het vandag bekendgemaak dat hy ’n aansoek gaan bring om ’n minagtingsbevel teen die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) te bekom nadat dié departement versuim het om gehoor te gee aan ’n vroeëre bevel deur die konstitusionele hof.

Dit volg nadat die konstitusionele hof op 15 Julie vanjaar beslis het dat die DKD se besluit om nie sewe bruin DKD-werknemers aan die Wes-Kaap weens hul velkleur te bevorder nie, neergekom het op onbillike diskriminasie en arbeidspraktyk. Die hof het voorts beslis dat die lede almal terugwerkend vergoed en in dienooreenkomstige poste aangestel moet word.

“Sedertdien het die DKD, na vele aanmanings, versuim om twee van die lede soos in die bevel vervat, te vergoed en/of te bevorder,” het Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, gesê.

Volgens Van der Bijl bring Solidariteit nou ’n minagtingsaansoek voor die arbeidshof waarin versoek word dat nie net die DKD nie maar ook beide die kommissaris van korrektiewe dienste, mnr. Zach Modise, sowel as die minister van korrektiewe dienste, mnr. Michael Masutha, in hul persoonlike hoedanigheid hiervoor aanspreeklik gehou moet word. “Solidariteit versoek ook voorts dat mnr. Modise in sowel ’n beëdigde verklaring en ’n hofverskyning moet aanvoer hoekom hy nie skuldig is aan minagting van die hof nie,” het Van der Bijl gesê.

Sien verklaring na afloop van die hofuitspraak. Klik hier

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Mynsterftes in 2016 teleurstellend – Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat geen noemenswaardige verbetering ingetree het in die getal mynsterftes wat gedurende 2016 aangeteken is in vergelyking met dié van 2015 nie. Volgens statistieke wat die minister van minerale hulpbronne bekendgemaak het, het 73 mynwerkers gedurende 2016 in Suid-Afrikaanse myne omgekom, in vergelyking met die 77 werkers wat gedurende […]
Reuseskikking namens lid by SAPD weens regstellende aksie – Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het vandag ’n reuseskikking namens een van sy lede in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bereik. Dit volg nadat hierdie lid weens regstellende aksie telkens oor die hoof gesien is vir bevordering. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, is daar op grond van ras teen hierdie […]
Ons sal nie toelaat dat Barbrook dieselfde pad loop as Lily-myn nie – Solidariteit
  Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat hy nie sal toelaat dat Barbrook-myn, wat onlangs onder besigheidsredding geplaas is, dieselfde pad as sy sustermyn, Lily, loop nie. Dit volg nadat Solidariteit vandeesweek met die besigheidsreddingpraktisyn (BRP) oor die Barbrook-situasie vergader het. Volgens Connie Prinsloo, adjunkhoofsekretaris van die mynboubedryf by Solidariteit, het Solidariteit by die […]
1 2 3 675