Die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns het die publiek onlangs gevra om die gesondheidspraktisyns wat werklik ʼn besturing op hul pad was, te nomineer.
Volgens Esmé Eloff was dr. Stabiel* een só ʼn dokter. “Met die diagnose van my oorlede man se nierkanker in 2012 het dr. Stabiel die pad saam met ons gestap,” vertel Eloff. Eloff onthou dat dr. Stabiel vertroud was met kanker aangesien sy vrou ook onlangs met dié vreeslike siekte moes spook.
Eloff vertel dat dr. Stabiel nie net die siekte geken het nie, maar ook die emosies en wroegings wat dikwels daarmee gepaardgaan. “Ons het soveel bemoediging van hom gekry en hy het ook elke week ʼn oproep na my selfoon gemaak om te hoor hoe dit met ons gaan,” sê Eloff.
In 2013 het die kanker na Eloff se brein en longe versprei. “Weereens was dr. Stabiel so besorgd oor ons en het hy soms ʼn pyn inspuiting gratis en verniet vir sy pasiënt gegee.” Esmé vertel dat sy op daardie stadium die enigste broodwinner in die huishouding was, wat die bybetalings vir skanderings, bestraling en chemo dikwels baie moeilik gemaak het. “Dr. Stabiel het egter afslag toegestaan op al my uitstaande rekeninge by sy praktyk,” vertel Eloff.
Dr. Stabiel het sy selfoon nommer vir my gegee en ek kon dag of nag skakel oor my man se simptome, die newe effekte van behandeling en ook om sommer net vir hom te laat weet hoe dit met ons geliefde pasiënt gaan wat toe erg begin agteruit gaan het teen einde 2014.”
“Ek salueer vir dr. Stabiel oor sy menslikheid en goeie advies deur alles, en ook vir sommer net daar wees soms, wanneer my hart baie seer was,” getuig Eloff.