BEL ONS: 012 644 4300

Eduan Dupper

eduan-edit-2-958x1024As jong Suid-Afrikaner wat benadeel word deur die regering se toepassing van kwotas en onbillike rassediskriminasie onder die vaandel van regstellende aksie is dit vir my belangrik om ook my stem te laat hoor en die wêreld bewus te maak van wat die werklike toedrag van sake in Suid-Afrika is. Daar is duisende jong Suid-Afrikaners wat dieselfde voel maar nie gehoor word nie en is dit vir my ’n voorreg om hulle stem te wees by die Verenigde Nasies. Benewens dié jong Suid-Afrikaners gaan ek ook om AfriForum-lede te verteenwoordig en hulle besware daar oor te dra. Ek besef dat die besoek aan die VN nie die oplossing self is nie en dinge nie oornag gaan verander nie, maar dit is ’n belangrike bydra tot ons veldtog om genoeg druk op die regering te plaas om af te sien van hulle diskriminerende praktyke.

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close