BEL ONS: 012 644 4300

eggenoot-banier-afr

Terug na kompetisieblad

Bepalings en voorwaardes

  1. Die reëls en inligting op hierdie kompetisieblad maak deel uit van die voorwaardes en bepalings vir deelname en inskrywing.
  2. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.
  3. Geen persoon wat by Solidariteit of enige van sy instansies werksaam is, of enige van die personeel se gesinslede, sal nie toegelaat word om aan die kompetisie deel te neem nie.
  4. Om vir die prys in aanmerking te kom, moet jy jou en jou eggenoot se persoonlike inligting op die inskrywingsvorm invul en jou eggenoot moet by Solidariteit aansluit.
  5. ʼn Lid en sy/haar “eggenoot” hoef nie getroud te wees om aan die kompetisie deel te neem nie.
  6. Solidariteit behou die reg voor om ʼn onderhoud met die wenner te voer, foto’s te neem en dit te publiseer. Die naam van die pryswenner sal in Soldeer, op Solidariteit se Facebook-blad, op www.solidariteit.co.za en in die Solidariteit Tydskrif aangekondig en gepubliseer word.
  7. Alle inskrywings word die eiendom van die Solidariteit Beweging en sal vir toekomstige promosiedoeleindes in ʼn databasis vasgelê word. Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming om deur Solidariteit gekontak te word.
  8. Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  9. Alle deelnemers vrywaar die Solidariteit Beweging, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benuttig van die prys.
  10. Slegs een inskrywing per lid sal aanvaar word.
  11. Die kompetisie sal van 16 Februarie tot 19 Junie 2015 oop wees.
  12. Om vir die pryse in aanmerking te kom, moet jou en jou eggenoot se Solidariteit-ledegeld ten tye van die trekking opbetaal wees.
  13. Indien Solidariteit nie daarin slaag om ʼn pryswenner binne vyf werksdae ná die finale trekking per e-pos of telefonies te kontak nie, sal ʼn ander wenner aangewys word.
  14. ʼn Pryswenner sal op 23 Junie 2015 aangewys word en telefonies in kennis gestel word. Die pryswenner sal op 23 Augustus in die Solidariteit Tydskrif aangekondig word.
  15. Solidariteit en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat ’n inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. ʼn Inskrywer moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig.
  16. Die lid aanvaar die bepalings en voorwaardes verbonde aan Flight Centre se geskenkbewys.

Terug na kompetisieblad

eggenoot-komp-afr eggenoot-1min-afr
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close