/*php if (function_exists('dimox_breadcrumbs')) dimox_breadcrumbs(); */?>
Oorsig
Ons staan ‘n ekonomiese orde van vrye mededinging voor. Die Suid-Afrikaanse ekonomiese beleid behoort gebaseer te word op ‘n vryemark-ekonomie waar daar balans tussen die verskillende rolspelers in die ekonomie bestaan. Ons streef na ʼn Suid-Afrika waarin die rol van instellings voorop staan en vertroue tussen mense hoog is.
Ekonomiese vryheid stel mense in staat om vrylik te kan handel met hul hulpbronne sonder enige vrees vir staats- of ander inmenging.
Ons streef daarna om die land in den breë te dien, maar meer spesifiek die Afrikaner- en Afrikaanse gemeenskap. Ons hang Christelik-demokratiese waardes aan en beywer onsself vir kultuur- en minderheidsregte asook gemeenskappe se selfstandigheid binne Suid-Afrika se multikulturele konteks.
Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) is in 2010 in die lewe geroep en bestaan uit 'n dinamiese span wat take met oorgawe aanpak en uitvoer. Dié navorsingsinstelling en denksentrum is 'n sleutelelement van die vakbond Solidariteit asook die groter Beweging, wat deur hul deeglike navorsing en geloofwaardige inligting die groter beweging bemagtig in sy strategiese beplanning vir 'n vry, veilige en voorspoedige toekoms.
Die SNI posisioneer die Beweging strategies op vier fokus-areas naamlik, arbeidsekonomie en -verhoudinge, sosio-politiese navorsing, politieke navorsing en regsnavorsing. Dit stel hulle in staat om te verseker dat die Beweging 'n belangrike en invloedryke akteur in die nasionale diskoers bly. Die ontleding van die bestaande en nuwe regeringsbeleid asook die lewering van kommentaar daarop, maak nog 'n groot deel uit van hulle verantwoordelikheid.
Die instelling het in die verlede 'n sterk ekonomiese fokus gehad, maar het onlangs na nuwe terreine begin beweeg. Alhoewel die ekonomiese fokus altyd behoue sal bly, is die breër missie in 2017 om groot idees in klein woorde te verduidelik. Dit beteken dat hulle die Beweging se lede waar nodig wil toerus deur hul op te lei, te belyn en ideologies te versterk met argumente wat deur die SNI geformuleer is. Een van die groot verantwoordelikhede van die SNI is om vrae wat gevra word te beantwoord en dan die antwoord aan die lede te verwoord. Braai-ammunisie is 'n weeklikse geselsprogram wat as 'n kanaal dien om die antwoorde wat die SNI deur navorsing verkry, op 'n maklike en informele manier aan die breër publiek te kommunikeer, sodat hulle ingelig in gesprekke kan tree.
Die Arbeidsmarkrapport is 'n meer formele kanaal wat die SNI gebruik om inligting aan die lede deur te gee. Dié verslag word kwartaalliks uitgereik en bestaan uit 'n innoverende indeks wat in samewerking met ETM Analytics ontwikkel is. Dié indeks gee vir elke lid 'n idee van werk en loonsekerheid in Suid-Afrika. Daar word ook elke kwartaal 'n peiling onder die lede oor hul werk en loonsekerheid gedoen, moeilike kwessies word dan deur middel van artikels bespreek wat dan deur die lede gelees kan word om hulle sodoende met inligting te versterk.
Tweedens beplan die SNI om die nasionale diskoers te beïnvloed om ruimte te skep vir die Beweging se idees, om sodoende opponerende idees aan te spreek. Volgens Connie Mulder, hoof van die SNI is dit ons verantwoordelikheid om die idees waarvoor ons staan te verdedig. “Ons wil die kampvegter wees in die stryd van idees,” verduidelik Mulder.
Deur middel van hul doeltreffende navorsing bou dié denksentrum ook saam aan 'n voorspoedige toekoms. Die ruimte van anti-Afrikaans, anti-Christelik, en anti-privaat instellings waarin ons onsself tans bevind bemoeilik die oprigting van opleidingsinstellings soos Akademia. Deeglike navorsing stel die SNI in staat om by dié debat betrokke te raak en die beleid teen te staan. Navorsing maak dit ook vir die SNI moontlik om die nadelige gevolge van die beleide wat ingestel word uit te wys, en dit skep ruimtes waarbinne opleidingsinstansies gebou kan word.
Solidariteit ontvang gereeld navrae oor ons politieke siening en party-affiliasie in die politieke sfeer. Die vakbond sal altyd sy politieke onafhanklikheid bevestig, maar steeds sy lede aanmoedig om te gaan stem. Ons gun ons lede die vryheid om vir 'n politieke party van hul keuse te stem. In die Solidariteit Beweging is ons beleid kortom dat ons nie by partypolitiek betrokke raak nie. Ons lede stem vir verskillende partye en ons wil nie daardie verskille wat verdelend kan wees in ons geledere inbring nie. Partypolitiek het 'n belangrike plek en rol, maar dit is nie ons rol nie. Ons glo egter dat ons lede se belange die beste gedien word as ons nie 'n spesifieke politieke party steun nie. Ons praat met almal, maar verbind ons aan niemand nie.
Dit is om die rede dat die Solidariteit Beweging sy aksieplan van hoop bekend maak. Volgens die aksieplan moet Suid-Afrikaners nie hul hoop op 'n eksterne faktor, waaroor ons geen beheer het nie, vestig nie. Ons moet self beheer oor ons hoop neem. Die idee van selfverantwoordelikheid kom uit die Solidariteit Beweging se Christelike tradisie. Jy ontvang 'n roeping en is self verantwoordelik om dit uit te voer.
Jy mag nie sê dat jy weens 'n Zuma, 'n groot ANC-meerderheid, 'n klein opposisie of 'n demografiese realiteit nie jou roeping kan uitvoer nie of dat jy jou hoop verloor het nie. Nee, dit is jou verantwoordelikheid om jou roeping uit te voer. In ‘n postverkiesingstyd gaan die rol van burgerlike organisasies om regte op te neem net groter word. Net soos mense tougestaan het om deel te neem aan die partypolitiek moet mense ook in toue staan om deel te neem aan die burgerlike politiek.
Burgerlike politiek is praktiese politiek. Partypolitiek het 'n belangrike, maar beperkte rol. Partypolitiek skep 'n demokratiese omgewing, hoofsaaklik deur wetgewing, maar dit is burgerlike organisasies wat die Grondwet lewendig hou. In die Suid-Afrikaanse situasie wat gekenmerk word deur 'n verswakkende staat, gaan burgerlike organisasies selfs ‘n groter rol moet speel. Goeie voorbeelde daarvan is privaat beveiliging, privaat mediese sorg en privaat skole wat alreeds 'n realiteit is.
Burgerlike politiek is anders gesteld as partypolitiek. In die geval van partypolitiek hoef jy net een maal in vyf jaar in die geheim 'n kruisie te trek. In die geval van burgerlike politiek moet jy deurgaans betrokke wees. Jy raak dus prakties betrokke by die skep van hoop. Daarom sê ons: Burgerlike politiek benodig hande wat vir hoop werk en jou hande is daardie hande wat benodig word.
Die rede vir ons praktiese – eerder as politieke – strategie is dat ons lede meer weeg as wat hulle tel. Saam met hul gesinne verteenwoordig ons beweging al ver oor 'n miljoen mense – die meeste van hulle goed opgelei en produktief. Dit is mense wat werk vir 'n lewe en nie dink hulle kan net ‘stem vir 'n lewe’ nie. Ons verrig veel meer buite die parlement omdat ons praktiese planne nie afhanklik van politieke mag of goedkeuring is nie. As moderne ‘Helpmekaar’-beweging weet ons dat om polities mag-loos te wees dit ons nie magteloos maak nie. Daarom is die doel van ons Helpmekaar 2020-plan om 'n toekoms te skep waarin ons mense ook blywend vry, veilig en voorspoedig kan leef. So kan ons 'n volhoubare bydrae lewer tot die welstand van die land en al sy mense.
Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) strewe daarna om met sy omvattende verslae die waarheid en harde feite rondom Solidariteit se veldtogte in swart op wit neer te pen. Die #StopRassisme-veldtog is vroeg vanjaar van stapel gestuur en die Rassisme-verslag wat op 4 April 2017 bekendgestel is, is een voorbeeld van hoe dié instituut se verslae veldtogte steun.
Die Rassisme-verslag handel oor die selektiewe wyse waarmee daar met rassisme in Suid-Afrika omgegaan word. Volgens Connie Mulder, hoof van die SNI, fokus hierdie verslag spesifiek op individue wat hulself onlangs aan rassistiese uitlatings skuldig gemaak het, en verder dan die gevolglike ophef wat die onderskeie uitlatings in sosiale en die tradisionele media ontketen het.
“Die verslag is in wese 'n vergelykende studie wat gedoen is deur te kyk na verskeie hoëprofielsake as gevallestudies, en om dan te kyk hoe dié sake deur die media en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) hanteer is,” het Mulder verduidelik.
Vir die #StopRassisme-veldtog was daar 'n dringende behoefte om feite in swart op wit te hê wat wys waar daar spesifiek selektief met rassisme in die media omgegaan is. Die doel was om met harde feite uit te wys dat wanneer 'n wit persoon iets rassisties kwytraak, 'n spreekwoordelike bom in die media ontplof. In teenstelling daarmee, wanneer 'n swart persoon soos Julius Malema op 'n verhoog in sy hoedanigheid as leier van 'n politieke party rassistiese opmerkings maak, en selfs geweld en moord aanhits, word dit hanteer as net nóg iets wat hy gesê het.
“Ons navorsing het getoon dat iemand se uitsprake soos Justin van Vuuren s'n meer mediaberigte gegenereer het as dié van Julius Malema met sy ‘Slaughter all whites’-opmerking,” het Mulder gesê.
Volgens dr. Eugene Brink, 'n voormalige senior navorser by die SNI, wat gehelp het met die samestelling van dié verslag, het dit byna drie weke se voltydse navorsing geverg om die verslag te voltooi.
“Ons wou gekyk het hoe wydverspreid en hoe intens swart-op-wit-rassisme in werklikheid is, asook wat die dubbele standaarde is wat toegepas word. Daar is ongelyke meetsnoere aangaande rassisme in Suid-Afrika, dit is net nog nie bewys nie. Ons wou op 'n kwalitatiewe en ook kwantitatiewe manier aan die publiek, die media en ook meningsvormers in die media sowel as die regering bewys dat dit wél bestaan. Ons het opgeweeg hoe presies ons dit kan doen en daar is besluit op 'n omvattende verslag oor die kwessie,” het Brink verduidelik.
Wat hierdie verslag so suksesvol maak, is die feit dat niemand na vore gekom het om die feite te betwis of ander feite op die tafel geplaas het nie. Die verslag is uiteindelik by die Parlement, die SAMRK, asook by die Verenigde Nasies se komitee vir die uitskakeling van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) ingedien. Verskeie swaargewigte in die Suid-Afrikaanse politiek maak deel uit van die klag weens die haatspraak en vreemdelingehaat wat hulle al geopenbaar het. Dit sluit onder meer in president Jacob Zuma, Julius Malema, minister Lulu Xingwana en die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo.
Die massaklag, waarvan die verslag deel vorm, is deur sowat 405 000 Suid-Afrikaners ondersteun.
Bou saam met Solidariteit aan kragtige instellings. SMS BOUSAAM na 34802 (R1) of besoek http://solidariteit.co.za/bousaam/
MENINGSPEILING
Kies die temas uit Solidariteit se bouplan wat jou die naaste aan die hart lê en teken op om saam te bou.
Oorsig Ons het histories ‘n noue verbintenis met die Afrikaner-gemeenskap en het steeds so ‘n verbintenis. Afrikaans is een van Suid-Afrika se belangrike landstale – dit is die taal wat miljoene Suid-Afrikaners na aan die hart lê. Die realiteit is egter dat Afrikaans as hoëfunksietaal weens verskeie redes bedreig word, ... Lees meer
Oorsig Ons staan ‘n ekonomiese orde van vrye mededinging voor. Die Suid-Afrikaanse ekonomiese beleid behoort gebaseer te word op ‘n vryemark-ekonomie waar daar balans tussen die verskillende rolspelers in die ekonomie bestaan. Ons streef na ʼn Suid-Afrika waarin die rol van instellings voorop staan en vertroue tussen mense hoog is. ... Lees meer
Oorsig Tans word daar bitter min of geen ruimte geskep vir Afrikaanse media nie. Selfs binne die kommersiële Afrikaanse media is daar sekere media-instansies wat onsimpatiek staan teenoor Afrikaans se benarde situasie, of wat nie te vinde is daarvoor om hul monopolie op die Afrikaanse media prys te gee ten ... Lees meer
Oorsig Die doel van Solidariteit is om ʼn Suid-Afrika tot stand te bring waarin almal vry, gelyk voor die reg, waardig en billik behandel sal word. Sedert 1902 veg Solidariteit aktief vir sy lede in howe sodat geregtigheid in die werkplek kan geskied, asook om ʼn stokkie te steek voor ... Lees meer
Oorsig Ons wil nie net daarop fokus om ekonomiese oplossings aan ons lede te bied nie. Ons poog om vir ons lede en hul gemeenskappe demokratiese ruimtes te skep waarin hulle onafhanklik kan leef. Die antwoord op staatsverval is die politiek van self. Daarom is dit noodsaaklik dat ons intree ... Lees meer
Oorsig Ons sien onself as bouers wat al vir die afgelope 115 jaar saam met geesdriftige lede besig is om te bou aan ʼn toekoms. Ten spyte van al die onsekerheid in ons land sal ons nooit ophou bou aan opleidingsinstellings nie. Ons sal aanhou om studiegeleenthede vir die lede ... Lees meer
Oorsig Suksesvolle kultuurgemeenskappe benodig gesonde, stabiele en florerende onderwys en beroepsopleiding. Reeds vanaf die middel 1800’s het Afrikaners op verskeie plekke beroepskolleges en universiteite begin oprig. Met verloop van tyd het dié beroepskolleges en universiteite egter hul gemeenskapskarakter verloor en al meer ʼn staatskarakter ontwikkel. Tans word dié inrigtings deur ... Lees meer
Oorsig Volgens die Amerikaanse meningsopname-maatskappy Gallup, is die grootste behoefte van mense dwarsoor die wêreld ʼn goeie werk. Behalwe die ekonomiese stabiliteit wat werk gee, bepaal jou werk in ʼn groot mate wie jy is en waar jy inpas. Hier by Solidariteit glo ons in meer as net ʼn goeie ... Lees meer
Oorsig Die ontstaan van die Solidariteit Beweging kan sover teruggeneem word as Junie 1902 toe die Transvaal Miners Association gestig is. Die Beweging se oorsprong kan nie net toegeskryf word aan individuele dade nie, maar het ook deur die funksie van instellings tot stand gekom. Die Solidariteit Beweging bestaan uit ... Lees meer
Solidariteit Onderwysgilde: Onderwystoekenning 2021 Bepalings en voorwaardes
Nomineer 'n onderwyser wat na jou mening die titel “Onderwyser van die Jaar” waardig is.
Nominasies word gedoen by (Bemarking voeg skakel in asb.) deur die velde in te vul.
Inskrywings is gratis.
Die wenners word aangewys op grond van 'n kombinasie van punte wat toegeken is in 'n paneelbeslissing en deur die publiek se stemme.
Die genomineerde se lidmaatskap van Solidariteit se Onderwysgilde sal tot die genomineerde se voordeel strek en kwalifiseer vir 'n addisionele puntetoekenning.
Die getal onderwysernominasies wat 'n nomineerder mag indien is onbeperk, maar die betrokke onderwyser mag slegs een keer genomineer word.
Die getal inskrywings is onbeperk.
Die genomineerde is verantwoordelik vir die korrektheid en suksesvolle registrasie van sy/haar inskrywing.
Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.
Die nominasies kan vanaf 2 Augustus 2021 tot 26 Augustus 2021 ingestuur word, waarna 'n siftingsproses volg.
Die stemproses vir die publiek, waartydens lede van die publiek vir kwalifiserende kandidate kan stem, open op 20 September en sluit op 28 September 2021
Die finaliste sal daarna bekend gemaak en uitgenooi word na die Onderwysgilde se glansgeleentheid op 5 Oktober 2021.
Covid-19-regulasies en inperkingsregulasies mag die datum of die hou van die glansgeleentheid beïnvloed.
Indien die wenners nie die glansgeleentheid kan bywoon nie, sal 'n ander wenner aangewys word.
Die beslissing van die paneel is finaal en is nie onderhandelbaar nie.
Geen laatinskrywings sal aanvaar word nie.
Die naam van die wenner sal op al Solidariteit se openbare platforms bekend gemaak word.
Geen pryse kan oorgedra, omgeruil of uitgeruil word nie.
Die wenner stem in om hul samewerking te gee en aan al Solidariteit Onderwysgilde se openbare of mediageleenthede wat met die kompetisie verband hou deel te neem. Die wenner stem ook in dat sy/haar besonderhede op Solidariteit se webblaaie mag verskyn.
Alle inskrywings word die eiendom van Solidariteit en sal in 'n databasis opgeneem word, maar die inligting sal vertroulik hanteer word en slegs vir Solidariteit se gebruik wees.
Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming om deur Solidariteit gekontak te word vir Solidariteit-lidmaatskap en verwante voordele (Sluit in Solidariteit-lidmaatskap, Boufonds, Regsfonds, Jeug)
Alle deelnemers vrywaar die Solidariteit Beweging, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benutting van die prys.
Indien Solidariteit nie daarin slaag om 'n pryswenner binne vyf werksdae ná die finale beslissing per e-pos of telefonies te kontak nie, sal 'n ander wenner aangewys word.
Solidariteit en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat 'n inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. 'n Inskrywer moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig.
Die wenner in elke kategorie sal op 5 Oktober 2021 tydens die Onderwysgilde se glansgeleentheid aangekondig word en hul pryse ontvang.
Klik hier om die volledige bepalings en voorwaardes te lees.
Ambaggilde-verwysingskompetisie: Bepalings en voorwaardes
Deelname aan die promosie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.
Elke suksesvolle Solidariteit-lidmaatskapaansluiting waarborg aan die persoon wat die verwysing maak 'n Takealot-geskenkbewys ter waarde van R150.
Die persoon wat die verwysing maak
Dit is die persoon wat die verwysing deurgee se verantwoordelikheid om aan die onderstaande vereistes te voldoen. Geen geskenkbewys sal uitbetaal word indien die persoon wat verwys is:
reeds 'n lid op die stelsel is nie
nie aansluit by Solidariteit nie
slegs as 'n ondersteuningslid aansluit (bv. Boufonds, Regsfonds en Jeug-ondersteunerslidmaatskap); of
indien Solidariteit nie die persoon teen die einde van die kompetisie in die hande kry nie..
Die kompetisie sluit die 31ste Augustus 2021.
Inskrywings is onbeperk, maar duplikaat inskrywings sal nie oorweeg word nie.
Die geskenkbewys sal nie vir kontant verruil kan word nie.
Om vir die prys in aanmerking te kom, moet jy bo die ouderdom van 18 jaar wees.
Alle deelnemers vrywaar die Solidariteit Beweging, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê, of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benutting van die prys.
Solidariteit en sy vennote kan nie aanspreeklik gehou word vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat 'n inskrywing of aansoekvorm onsuksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings of aansoekvorms wat nie afgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. Persone wat inskryf moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig.
Die geskenkbewys is slegs geldig vir twee jaar.
Klik hier om die volledige bepalings en voorwaardes te lees.
#GoeieGons 2021: Bepalings en voorwaardes
Solidariteit Gilde vir Kommunikasie en Bemarking
Die Solidariteit Gilde vir Kommunikasie en Bemarking wil deur die #GoeieGons-toekenning erkenning gee aan die onblusbare talent van Afrikaanse ontwerpers, bemarkers, kopieskrywers, joernaliste, omroepers, videovervaardigers en fotograwe.
Nomineer 'n Afrikaanse ontwerper, bemarker, kopieskrywer, joernalis, omroeper, videovervaardiger of fotograaf met 'n #GoeiGons-benoeming en gee só aan hierdie talentvolle mense die erkenning wat hulle verdien.
Nominasies is gratis en kan in vyf kategorieë gemaak word, naamlik vir Skryfwerk, Grafiese ontwerp, Fotografie, Radio, en Videoproduksie.
Om 'n persoon vir sy of haar kreatiewe werk te nomineer volg die stappe hieronder:
Stap 1: Neem 'n foto of skermskoot van die werk wat genomineer word of nomineer 'n aanhaling van die betrokke item, artikel of slagspreuk.
Stap 3: Vul jou besonderhede en dié van die persoon wat jy nomineer hier in om te kwalifiseer.
Stap 4: Klik op die kategorie-kieslys en kies die beroepsveld wat van toepassing is en laai die persoon wie se werk jy nomineer daar op. Jpeg-, pdf-, Mp3- en Mp4-formate word aanvaar.
Stap 5: Deel gerus die skakel op sosiale media en moedig nog mense aan om Afrikaanse talent vir hierdie gesogte toekenning te nomineer.
Finaliste sal slegs oorweeg word indien die skakel volledig ingevul is.
Die getal inskrywings per kategorie is onbeperk.
Die getal nominasies per persoon is ook onbeperk.
Geen persone onder 18 jaar mag aan die kompetisie deelneem nie.
Die nomineerder is verantwoordelik vir die korrektheid en suksesvolle registrasie van die genomineerde se inskrywing.
Die genomineerde sal kan bevestig dat dit sy of haar oorspronklike werk is en dat hy of sy die toekenningsnominasie aanvaar.
Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.
Nominasies sluit op 30 Julie 2021.
Die topvyf-nominasies uit elke kategorie word op 16 Augustus 2021 op 'n stemblad geplaas waarna dit vir stemming deur lede van die publiek beskikbaar sal wees.
Die stemblad sluit op 31 Augustus 2021.
Die wenners uit elke kategorie word tydens die Gonsfees, wat in September 2021 sal plaasvind, aangewys.
Indien die wenner nie die Gonsfees kan bywoon nie, sal 'n ander wenner gekies word.
Die wenners sal deur 'n onafhanklike paneel sowel as by wyse van die publiek se stemme vir elke kategorie gekies word. Beslissings is finaal.
Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
Die wenner sal op al Solidariteit se openbare platforms bekend gemaak word.
Geen pryse kan oorgedra, omgeruil of uitgeruil word nie.
Die wenners stem in om hul samewerking te gee en om aan al Solidariteit se openbare of mediageleenthede deel te neem wat met die kompetisie verband hou. Genomineerdes stem ook in dat hul besonderhede op Solidariteit se webwerwe mag verskyn.
Alle inskrywings word die eiendom van Solidariteit, maar die inligting sal vertroulik hanteer word en slegs vir Solidariteit se gebruik wees.
Deelname aan hierdie #GoeieGons-nominasieproses veronderstel toestemming om deur Solidariteit gekontak te word.
Alle deelnemers vrywaar die Solidariteit Beweging, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benutting van die prys.
Indien Solidariteit nie daarin kan slaag om die pryswenner binne vyf werksdae per e-pos of telefonies te kontak nie, sal die naaswenner as wenner aangewys word.
Solidariteit en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat 'n inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. 'n Inskrywer moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig.
Klik hier om die volledige bepalings en voorwaardes te lees.
Met die mosie eis ek die volgende:
Dat internasionale forums en regerings die nodige uitsprake maak en begin optree teen die Suid-Afrikaanse regering.
Dat CERD as waghond moet optree om die Suid-Afrikaanse regering se toepassing van regstellende aksie dop te hou.
Dat regstellende aksie deursigtig en billik toegepas word op grond van sosio-ekonomiese behoeftes en toepaslike kwalifikasies, eerder as op grond van velkleur en numeriese teikens.
Dat regstellende aksie nie onbepaald mag voortduur nie.