BEL ONS: 012 644 4300
DEEL MET JOU VRIENDE
Eskom staar inploffing in die oË. Indien daar nie spoedig en drasties ingegryp word nie, sal dié energiereus teen April 2019 nie meer bestaan nie.

Eskom se stryd om bedryfsvolhoubaarheid te handhaaf, dreig om die land se ekonomie in duie te laat stort. Een van Eskom se grootste uitdagings is die gebrek aan noodsaaklike vaardighede om Eskom te onderhou en suksesvol te bedryf.

Solidariteit wil intree om seker te maak Suid-Afrika se ligte bly aan. Ons wil die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, bystaan deur 'n databasis van skaars vaardighede wat onder Eskom se voormalige werksmag (insluitend ingenieurs, tegnici en ander bekwame voormalige werknemers) bestaan aan hom beskikbaar te stel.

Ons wil graag sien dat die eens trotse instelling omgedraai word.

Nou is die tyd om jou hand op te steek en te help! Ons vra dat alle voormalige Eskom-werkslui wat wil seker maak dat die ligte aanbly en Suid-Afrika nie in die donker verval nie met ons in verbinding tree.
Eskom Kennis 2019
DEEL MET JOU VRIENDE

Registreer / Register

Maak toe / Close