BEL ONS: 012 644 4300
DEEL MET JOU VRIENDE
Solidariteit staan op teen belastingplundering. As deel van die Solidariteit Belastingvuis takel ons Eskom. Ons het in Augustus 2019 ’n reuse-oorwinning behaal toe Brian Molefe, voormalige Eskom-hoof, se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys is. Solidariteit het onmiddellik met stappe begin om die kostebevel in te vorder en te verseker dat die R10 miljoen wat Molefe uit die Eskom-pensioenfonds geplunder het, weer terugbetaal word. Molefe is beveel om feitlik al Solidariteit se koste te betaal. Hiervoor is ‘n lasbrief reeds uitgereik en die balju wag tans op ons instruksie. Solidariteit kry geen reaksie van die Nasionale Vervolgingsgesag nie en daarom het ons advokaat Gerrie Nel, van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, genader om te verseker dat geregtigheid geskied. Ons is moeg daarvoor dat belastinggeld vermors word.

gee jou mandaat en wees ‘n belastingaktivis!

Jy kan deel wees van hierdie wettige belastingprotes. Word deel van ons saak; sê “nee” vir belastingvermorsing en eis verantwoording van staatsinstellings.
Belastingvuis Klagstaat | ALMAL
se nee
kontak_toestemming
Wat gebeur verder:

Mislukte staatsondernemings slurp jaarliks miljarde rande op en steeds belê die staat jou belastinggeld roekeloos in hierdie ondernemings. Daarom het Solidariteit met 'n vyfpunt-belastingvuis vorendag gekom.

Met die SAUK 8-saak het Solidariteit reeds sukses behaal en Hlaudi Motsoeneng betaal steeds af aan die kostebevel teen hom.
Solidariteit gaan Brian Molefe nou privaat laat vervolg nadat die Nasionale Vervolgingsgesag dit van die hand gewys het.
Solidariteit is besig met die voorbereiding van hofstukke om verantwoording van direkteure ingevolge die Maatskappywet te eis.
Solidariteit het reeds ingevolge die Maatskappywet gevra vir ondersoeke en vervolging.
Solidariteit gaan nou voort met 'n aansoek om die SAL in sakeredding te plaas.

Belastingvuishou Blokke | Afrikaans

Hiermee die jongste nuus aangaande Solidariteit se saak teen Brian Molefe. Met hierdie dokumente bevestig mnr. Molefe dat hy die geld wat hy Solidariteit skuld binne 30 dae sal betaal. Solidariteit het egter die voorstel verwerp en hom net sewe dae gegee. Volg die skakel om die dokumente te lees.

Brief aan Solidariteit

Brief aan SVS Prokureurs
DEEL MET JOU VRIENDE

Registreer / Register

Maak toe / Close