BEL ONS: 012 644 4300
staatsdiens-header

Formule-geskil

Het jy geweet?

Die GEPF het in April 2015 sonder die nodige konsultasieproses die formule waarvolgens amptenare se aktuariële belang by bedanking bereken word, onregmatig gewysig. Dit het ’n wesenlike vermindering in die pensioenvoordeel van ’n lid wat op vroeë pensioen wil gaan tot gevolg.

Wie word geraak?

Alle werknemers wat voor die ouderdom van 55 en ná die wysigings in April 2015 aangebring is, uit die staatsdiens bedank het.

Solidariteit is van mening dat:

  • die wysigings aan die formule waarvolgens ʼn lid se pensioenvoordeel bereken word prosedureel gebrekkig is aangesien daar nie met vakbonde en ander belanghebbendes oor die wysigings gekonsulteer is nie;
  • die eensydige wysigings onbillik teenoor werknemers kan wees; en
  • die veranderinge sonder die nodige inagneming van werknemers aangebring is.

Wat doen Solidariteit?

Solidariteit het onder meer ’n groepsgeding namens meer as 1,2 miljoen staatsamptenare geregistreer en sal die GEPF gevolglik verantwoordbaar hou vir die eensydige wysigings wat aan die formule aangebring is.

Solidariteit eis dat die formuleverandering wat aangebring is om die bedankingswaarde van staatsamptenare se pensioenvoordeel te bereken, hersien moet word.

Solidariteit sal verder eis dat persone wat sedert die eensydige aanpassing bedank het, vergoed word asof die vorige formule gegeld het en dat moratore rente hierop aan hulle betaal moet word.

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close