“Die tweede vlaag van die virus is vir ons almal kommerwekkend, maar skole het tot dusver baie goed gevaar om ʼn veilige omgewing vir beide onderwysers en leerlinge te bied,” verduidelik Hugo Vermeulen, hoof van Opleiding by die SOS.
Daar was tot dusver bitter min voorvalle van Covid-19-verspreiding in skole. Die toename in positiewe gevalle het juis gedurende die vakansie ontstaan – terwyl skole gesluit was.
Die SOS is nie blind vir die risiko’s wat die virus vir onderwyspersoneel en leerlinge mag inhou nie, en daarom word die noodsaaklikheid om skole te heropen om ʼn agterstand by leerlinge te verminder, asook die risiko’s daaraan verbonde, deeglik bespreek.
2021-01-13 - SOS-mediaverklaring - Geen grondige rede om skole later te heropen