BEL ONS: 012 644 4300
vakansievoordeel
Is jy ‘n gesondheidspraktisyn wat plasingsprobleme ondervind?
Solidariteit is bekommerd oor die administratiewe onvermoë van die Departement van Gesondheid wat nie hul eie prosedurele riglyne vir die plasing van mediese praktisyns vir gemeenskapsdiens volg nie.
Lees die Departement se plasingsriglyne hier.

Solidariteit het in Julie 2017 in 'n saak namens Dané Hertz 'n uitspraak in die hooggeregshof van Pretoria bekom nadat sy nié in 'n gemeenskapsdiensposisie geplaas is nadat al drie plasingsrondtes verstryk het nie. Die Departement van Gesondheid is beveel om Hertz binne 30 dae ná die uitspraak in 'n gemeenskapsdiensposisie by die kliniek waar sy oorspronklik aansoek gedoen het, te plaas.
Lees Dané se volledige storie hier.

Dié saak het 'n belangrike presedent geskep wat waarskynlik binnekort as deurslaggewende regspraak gebruik kan word om studente wat tans soortgelyke probleme ervaar, by te staan.
Wanneer jy jou klagte aanmeld, sal jy gevra word om 'n inligtingsvorm te voltooi, waarna jy outomaties, gratis as 'n Solidariteit Jeug-lid geregistreer word. Solidariteit Jeug-lidmaatskap is gratis en val onder 'n kategorie van Solidariteit-lidmaatskap vir studente en jongmense wat nog nie in diens van 'n werkgewer is nie.
Solidariteit onderneem om jou klagte te evalueer en saam met jou ondersteunende dokumentasie aan die Departement deur te gee.
Ná evaluasie, sal Solidariteit se regspraktisyn u kontak om terugvoer en advies te verskaf oor die proses vorentoe.
Geregistreerde Solidariteit Jeug-lede wat hul klagtes ingehandig het en terugvoer ontvang of verdere navrae het, kan dit rig aan plasings@solidariteit.co.za
Laat weet ons wanneer jou probleem ontstaan het.
Som die korrespondensieproses tussen jou en die Departement op: Watter korrespondensie het jy wanneer aan die Departement gerig en watter terugvoer het jy ontvang?
Verduidelik waar die proses vashaak en waar jy benadeel word.
Heg asseblief alle ondersteunende dokumente, bv. alle kommunikasie tussen jou en die Departement (nasionaal en provinsiaal) as ondersteunende dokumente aan. Benoem asseblief elke dokument duidelik.
Gemeenskapdiensplasings - Afrikaans
VOLTOOI JOU INLIGTING
BESKRYF JOU KLAGTE
LAAI ONDERSTEUNENDE DOKUMENTASIE OP
Drop a file here or click to upload Choose File
Maximum upload size: 40.96MB

Registreer / Register

Maak toe / Close