Gevorderde Diploma in Projekbestuur

Donderdag, Januarie 5th, 2017

In ʼn komplekse ekonomie is projekbestuurders onmisbaar en vorm hulle ʼn integrale deel van publieke en private organisasies. Indien jy dus ʼn vaardige, gesogte projekbestuurder wil word, is dit belangrik dat jy jouself met uitstekende kennis en vaardighede moet toerus. Akademia se Nagraadse Gevorderde Diploma in Projekbestuur wat die tegniek en teorie van projekbestuur binne een jaar bymekaar bring, en dit boonop in Afrikaans, is eie in sy soort en beloof om jou in staat stel om die beginsels van Projekbestuur te verstaan en effektief in die praktyk toe te pas, sodat jy projekte suksesvol sal kan ontwikkel en bestuur. Verder gaan dit jou toerus met kennis en vaardighede in projekbestuur, projekuitvoering en beheer, tydsbeplanning, kostebestuur en projekkwaliteit en -risikobestuur.

Ingevolge die toelatingsvereistes moet jy ʼn geakkrediteerde driejaarkwalifikasie op NKR vlak 6 of gelykstaande/hoër hê en jy moet ook minstens drie jaar praktiese werkervaring in ’n veld ooreenstemmend met die vlak 6-kwalifikasie hê om vir die kursus in te skryf.

Die verpligte kontaksessies en die E-leer- tutoriale wat na ure plaasvind, word by die  studiesentrums in Centurion en Bellville aangebied. Die kontaksessies behels vier klaskontaksessies wat op Saterdag 18 Februarie, Saterdag 13 Mei, Saterdag 1 Julie en Saterdag 23 September sal plaasvind. Teoretiese klasse, die implementering van teorie in die industrie, kort kursus oor rekenaarprogrammatuur (MS Project 365), MS Project 365-jaarlisensie, projekplanleiding asook mentorskap en toetse vorm ook deel van die kontaksessies.

Tutoriale vorm ook ʼn geïntrigeerde deel van die kursus en behels vyf vooraf opgeneemde elektroniese klasvideo’s wat in die gerief van jou eie huis gekyk kan word, teoretiese agtergrond, hantering van gevallestudies asook werkopdragte. Die tutoriale sal plaasvind op 20 – 26 Februarie, 1 – 7 Mei, 15 – 21 Mei, 19 – 25 Junie en 3 – 9 Julie.

Dit maak nie saak of jy jou eie besigheid het of net ʼn doodgewone werknemer is nie, jy sal baat vind by dié omvattende kursus. Ná die suksesvolle voltooiing van die program ontvang studente ’n Akademia Gevorderde Diploma in Projekbestuur wat formeel tydens ’n geleentheid oorhandig sal word.

Vir meer inligting rakende die Gevorderde Diploma in Projekbestuur, klik hier.

 

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Solidariteit ontmasker die vele gesigte van rassisme in nuwe veldtog
Rassisme in Suid-Afrika is so diep gewortel en steek oral in ons samelewing kop uit. Die betekenis van die omstrede term word op verskillende maniere deur verskillende bronne weergegee. Die definisie dat een ras meerderwaardig teenoor ʼn ander bepaalde ras voel en dat mense dus geminag word, spreek direk tot die huidige kwessie van rassisme […]
Nuuskommentaar: Kom ons juig net eers oor die reën
Eugene Brink   Daar is soveel om oor negatief te wees in Suid-Afrika. Bloedige en wrede plaasaanvalle, misdaad, radikale ekonomiese transformasie (wat uiteindelik desnoods tot radikale ekonomiese stagnasie lei), swak beleid, onbevoegde en korrupte staatsamptenare, stygende brandstofpryse, die lys gaan aan. Maar net so nou en dan gebeur daar iets wat ons weer hoop gee […]
Hehachura – Bou saam aan lewendige Afrikaner Monumente
Helpende Hand Christelike Uitreik-Aksie, beter bekend as die Hehachura-bediening, is een van die inisiatiewe van die Solidariteit Helpende Hand Motorfietsklub. Hehachura is nie een of ander Hebreeuse woord nie; dit is bloot die afkorting vir Helpende Hand Christelike Uitreik-aksie. Hehachura het in 2015 tot stand gekom en funksioneer in hierdie stadium net in Pretoria en […]
1 2 3 54