BEL ONS: 012 644 4300

Oorsig

Volgens die Amerikaanse meningsopname-maatskappy Gallup, is die grootste behoefte van mense dwarsoor die wêreld ʼn goeie werk. Behalwe die ekonomiese stabiliteit wat werk gee, bepaal jou werk in ʼn groot mate wie jy is en waar jy inpas. Hier by Solidariteit glo ons in meer as net ʼn goeie werk; ons glo in ʼn betekenisvolle werk.

Ons beskou ʼn goed betaalde, produktiewe en ʼn goed opgeleide werksmag as ʼn voorvereiste vir ʼn suksesvolle gemeenskap en land. Om dit te bereik, fokus ons strategie daarop om deur middel van werksbeskerming, loopbaanontwikkeling, werkverskaffing en die bevordering van gelyke geleenthede ons lede met ʼn goeie werk help.

Om ʼn goeie werk in Suid-Afrika te kry, is kennis en vaardighede asook deurlopende leer noodsaaklik. Daarom sluit ons omvattende benadering ten opsigte van goeie werk die bemagtiging van mense om hulself in hul werk te bevorder, ʼn reuse-opleidingsplan, asook groot veldtogte teen rassekwotas in.

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Gesondheid en veiligheid: Húlle staan jou by Beroepsgesondheid en -veiligheid (BGV) is ’n multidissiplinêre vakgebied gemoeid met die beskerming van die veiligheid, gesondheid en welsyn van werknemers en mense wat by die werkmag aansluit. Dit beskerm ook medewerknemers, familielede, werkgewers, kliënte, verskaffers, nabygeleë gemeenskappe en ander lede van die publiek wat deur die werkomgewing geraak word. Solidariteit se BGV-afdeling doen spesialiswerk op die gebied van beroepsgesondheid en veiligheid en beroepsbeserings en -siektes. Die afdeling staan onder die bekwame leiding van adv. Paul Mardon. Die litigasie in die afdeling word hanteer deur 'n span regspraktisyns: dr. Johan Böning, adv. Fanus Maritz, adv. Hanlie van Vuuren en mnr. Nikki Prinsloo. Die besering aan diens (BAD)-been van die afdeling word beman deur ses toegewyde dames: mevv. Sharon Riekert, Chantel Nel, Elsje van der Mescht, Rachelle de la Rey en Christine Dreyer, en me. Anina de Beer. Hierdie dames hanteer die administrasie van die lede se eise by die verskillende forums, onder andere die Vergoedingskommissaris, Rand Mutual, die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en FEMA (Federated Employer’s Mutual Assurance). Die Wêreld het met van die personeel in hierdie afdeling gesels om te hoor hoe hulle jou bystaan in 'n tyd van nood. Wat het jou gemotiveer om by mense met BAD’s betrokke te raak?
  • Elsje van der Mescht: “Ek wou graag die kennis wat ek opgebou het, aanwend om die mense te help wat die meeste van die tyd reeds in pyn is en in baie gevalle so beseer is dat hulle lank nie kan werk nie. Hierdie mense staan dikwels op die punt om hul vaste of ander bates te verloor. Dit laat my goed voel as ek iemand kan help of raad gee rakende die prosesse en stappe wat hy of sy kan volg om die lewe vir hom- of haarself beter te maak.”
  • Christine Dreyer: “Ek het 'n absolute passie vir my werk en dit is vir my persoonlik 'n voorreg om lede te kan bystaan met hul eise. Ek glo ook dis 'n Godgegewe talent dat ek hulle op 'n emosionele vlak kan bystaan. Dit is vir my van groot belang om 'n band met my lede op te bou en om te alle tye hul beste belange op die hart te dra. Dit is vir my wonderlik om iets vir die gemeenskap, maar nog meer, vir God terug te gee. Ek het groot begrip vir die moeilike omstandighede waarin elkeen van ons lede en hul gesinne hulle bevind. My raad aan hulle is om hul oë gerig te hou op ons hemelse Vader – dit wat ons opreg in gebed vra, sal Hy vir ons gee, en dit sal weer beter gaan.”
Wat dink jy is 'n leemte in die meeste werkplekke wat BGV betref?
  • Johan Böning: “Werkgewers is nie bewus van hul verpligtings ingevolge veral die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid en die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes nie. Werknemers is ook nie altyd bewus van hul regte in hierdie verband nie.”
  • Rachelle de la Rey: “Die aanmelding van eise en alles gepaard daarmee. Van die werkgewers verstaan nie hoe die wetgewing werk nie. Die werkgewers besef nie die verpligting is op hulle om eise aan te meld nie. Ek glo ook dat die meeste werkgewers nie die nodige opleiding gehad het om die eise aan te meld nie. Sekere werkgewers versuim ook om hul volle samewerking te gee aangaande eise vir besering aan diens en beroepsiektes.”
  • Fanus Maritz: “Ek het gesien watter verwoestende uitwerking beroepsiektes en beserings op lede en hul gesinne het en dit motiveer my om deel te wees van 'n span wat 'n werklike verskil wil maak in die lewens van hierdie lede.”
Wat sal die een BAD-wenk wees wat jy vir lede kan gee wat hulle kan toepas om die vergoedingsproses te verbeter?
  • Chantel Nel: “Geduld is baie belangrik: Die vergoedingsproses is langdurig en nie alle eise is dieselfde nie.”
Watter navrae ontvang jy die meeste, en wat is jou antwoord daarop?
  • Anina de Beer: “Kan my werkgewer my salaris stop omdat ek afgeboek is weens 'n besering aan diens? Die antwoord: Nee, indien jy vir langer as drie dae afgeboek is, moet die werkgewer jou betaal vir die eerste drie maande wat jy afwesig is van diens weens die besering, hoewel die werkgewer jou slegs 75% van jou verdienste ten tyde van die ongeval hoef te betaal. Ná die driemaandetydperk kan die werkgewer die betaling stop, maar die werknemer kan dan self 'n eis vir 'n verlies aan inkomste by die betrokke forum indien.”
  • Hanlie van Vuuren: “Kan ek my werkgewer dagvaar? Die antwoord: Nee, die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (Wet 130 van 1993) (in die omgangstaal bekend as COIDA) verbied werknemers en hul afhanklikes om die werkgewer van die beseerde werknemer te dagvaar. Baie mense vra dan: ‘Maar ek het dan gehoor dat baie myne tans gedagvaar word?’ Dit is wel so dat baie mynhuise tans gedagvaar word, maar dit is slegs toelaatbaar kragtens 'n hofbevel van die Konstitusionele Hof wat gelewer is ingevolge die Wet op Bedryfsiektes in Myne en Bedrywe (Wet 78 van 1973) en mag ingestel word slegs ten opsigte van die longsiektes waarop hierdie wet betrekking het.”
  • Nikki Prinsloo: “Daar is baie chemikalieë in my werkplek en ek is bang dat dit my siek sal maak. Kan ek iets daaraan doen? Die antwoord: Jou werkgewer is verplig om, ingevolge die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid van 1993, 'n risiko-ontleding van jou werkplek te doen wat die risiko’s en intensiteit daarvan moet uitwys. Hy is voorts verantwoordelik daarvoor om metodes in plek stel om daardie risiko’s uit te skakel of aan te pak en jou as werknemer oor die risiko’s in te lig en op te lei sodat jy nie blootgestel word nie.”
Wat sal jou BGV-wenk vir Solidariteit-lede wees? Nikki Prinsloo: “Jou kinders, familie en vriende wil jou graag weer sien ná 'n werkdag. Jy het regte wat jou beskerm om veilig en gesond te mag werk. Pas dit toe en sien om na jou eie veiligheid.”     #BouSaam met Solidariteit. Besoek www.solidariteit.co.za/bousaam of SMS die woord BOUSAAM na 34802 (R1).
Solidariteit het die grootste regsafdeling van alle vakbonde in Suid-Afrika en dié afdeling is enig in sy soort. Hierdie afdeling pak daagliks honderde arbeidsregtelike sake, wat werksverwant is, namens Solidariteit-lede aan hetsy by die Kommissie vir Versoening Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), die arbeidshof of by werkgewers self. Die sake wat hanteer word, hou onder meer verband met diskriminasie in die werkplek, onbillike afleggings en kontraktuele eise. Die regsafdeling behaal groot sukses hiermee en slaag in sy doel om Solidariteit-lede so goed as moontlik met werksverwante sake by te staan. Dié afdeling het in die eerste agt maande van 2017 reeds telefoniese advies wat met arbeidsregtelike sake verband hou aan sowat 11 856 lede verskaf. Tot en met Augustus 2017 het die afdeling 750 regsnavrae namens lede geopen en 297 arbitrasies, 269 konsiliasies en 1 216 konsultasies namens lede behartig. Die mees indrukwekkende statistiek is dat sowat R30 278 853.96 se skikkings en toekennings aan lede in die eerste agt maande van 2017 bereik en uitbetaal is danksy die uitmuntende werk en bystand wat Solidariteit se regsafdeling bied. Benewens die arbeidsregtelike hulp wat Solidariteit-lede as lidmaatskapvoordeel ontvang, kan lede ook telefoniese sivielregtelike advies gratis ontvang. Wat bystand aan lede in die werkplek betref, vervul Solidariteit se regsafdeling een van die vakbond se kerndoelwitte. Solidariteit veg vir jou in jou werkplek, sluit aan https://solidariteit.co.za/1-minuut-aansluiting/
Solidariteit se Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns is een van die eerste gildes wat op die been gebring word Deur Cilleste van Dyk Beroepsgildes is 'n eeue oue konsep wat ten doel het om lede van 'n beroepsrigting onderling aan mekaar te bind sodat hulle mekaar kan help om suksesvol in hul beroep te wees. Wat doen 'n gilde? 'n Gilde dien as 'n netwerk, opleidingsplatform, hulpbron vir vordering in lede se professie, en as toegangspunt tot die beroepslewe vir jongmense. Die lede van 'n gilde is trotse mense wat streef na uitnemendheid en om meesters op hul vakgebied te wees. Hulle is 'n helpmekaar-beroepsgemeenskap. Solidariteit het besluit om die gildekonsep te laat herleef. Daar word beplan om mettertyd 'n Afrikaanse gilde vir elke beroepsrigting te skep. Die gildes gaan saamgebind word onder die sambreel van die Solidariteit Beroepsgildes. 'n Wêreldwye studie het getoon dat dit mense se grootste behoefte is om 'n betekenisvolle werk te hê. Afrikaanse werknemers voel toenemend verstoot by die werk. Hul loopbaanvordering het weens onbillike regstellende aksie ’n plafon bereik, daar word nie meer deur opleiding in hulle belê nie en Engels is dikwels die enigste voertaal by die werk. Solidariteit Beroepsgildes skep 'n helpmekaar-beroepsgemeenskap vir Afrikaanse professionele beroepslui waar hulle kan tuisvoel in Afrikaans en waar hulle kan voel hulle dra betekenisvol by tot die behoud van hul beroepsrigting en hul eie loopbaanvordering. Die eerste volwaardige beroepsgilde wat Solidariteit op die been gebring het is die Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns. #BouSaam met Solidariteit aan beroepsgildes. Besoek www.solidariteit.co.za/bousaam of SMS die woord BOUSAAM na 34802 (R1). Waaroor is die Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns passievol? Ons wil gesondheidspraktisyns in Suid-Afrika suksesvol maak.
  • Ons bou en belê in kennis deur voortgesette professionele opleiding (VPO) van gehalte in Afrikaans aan te bied en deur Afrikaanse opleidingsinstellings te versterk.
  • Ons bou 'n helpmekaar-beroepsgemeenskap bestaande uit professionele mense.
  • Ons bou aan die toekoms van die gesondheidsbedryf deur die volgende geslag Afrikaanse gesondheidspraktisyns te ondersteun om toegang tot opleiding te kry.
Wat is die Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns nie? Hierdie gilde is nie 'n instelling waaraan gesondheidspraktisyns behoort vir dít wat hulle daaruit kry nie. Dit is 'n instelling waaraan gesondheidspraktisyns behoort om 'n blywende verskil in hul beroepsveld en gemeenskap te maak terwyl hulle ook in hul eie persoonlike ontwikkeling belê. Kontak ons by mandy@solidariteit.co.za, of SMS “Gilde” na 34802. Ons sal jou kontak en die aansluitingsproses telefonies hanteer. 'n SMS kos R2. Suid-Afrika se grootste gesondheidsamaritaan-kompetisie Ons het onlangs 'n kompetisie bekend gestel om Suid-Afrika se grootste gesondheidsamaritaan aan te wys. Nomineer 'n gesondheidspraktisyn wat jy meen 'n ware samaritaan is en staan die kans om groot pryse te wen! Lees gerus meer oor die kompetisie en vertel asseblief jou vriende en familie ook van die kompetisie. Die nominasieproses het gister gesluit, hou http://gildes.solidariteit.co.za dop vir die volgende gedeelte van die kompetisie. Wat is op die spel? Mense wat gesondheidsamaritane genomineer het, staan die kans om 'n seevakansie by Santana en 'n kontantprys van R10 000 te wen. #BouSaam met Solidariteit aan beroepsgildes. Besoek www.solidariteit.co.za/bousaam of SMS die woord BOUSAAM na 34802 (R1).
 Sodra 'n persoon by Solidariteit aansluit, word 'n verwagting geskep: dié van diens – ook nie sommer enige diens nie, maar uitstekende diens. Dit impliseer dat die diens toeganklik moet wees, wat beteken Solidariteit-personeel se kundigheid en professionaliteit moet tot lede se beskikking wees. Diens is een van die belangrikste aspekte van Solidariteit-lidmaatskap wat ons onderskei van ander vakbonde en dit is iets waaraan ons deurlopend werk. Ons doen dit omdat ons weet goeie diens van Solidariteit se kant af kan verseker dat jy jou werk behou, jou loopbaan verbeter of selfs 'n nuwe loopbaan of beroep kan najaag. Om vir jou die beste diens te lewer wanneer jy dit die nodigste het, moet Solidariteit deurlopend seker maak sy lede is tevrede. Om tevredenheid oor ons diens te peil, is 'n eksterne ledediensoudit onder Solidariteit se lede verlede jaar onderneem. Uit die oudit se resultate kan afgelei word dat Solidariteit-lede baie tevrede is met die diens wat hulle ontvang. Binne die konteks van die oudit is tevredenheid gedefinieer as lede se positiewe opinies en gevoelens ten opsigte van Solidariteit se dienslewering. Opinies is oor die volgende diensleweringsaspekte gepeil:
  • Hantering van sake/navrae
  • Betroubaarheid
  • Reaksie en terugvoering
  • Empatie
  • Entoesiasme
Ons werk is om jou werk te beskerm en te behou asook om jou die geleentheid te bied om jouself te bemagtig met verdere kennis oor die werkplek en jou werk. Solidariteit se voorste linie wat hierdie groot taak hanteer, is die dienssentrum. Die sentrum word bedryf deur 'n opgeleide en professionele groep mense wat jou regsnavrae, lidmaatskapnavrae en algemene navrae hanteer en verwys na die regte persoon in die wyer strukture van die vakbond. Solidariteit heg baie waarde aan dienslewering want as ons goeie werk doen, kan jy goeie, regverdige en billike werk by jou werkplek verrig. Die resultate van die genoemde peiling dien as nóg 'n bewys daarvan dat Solidariteit altyd sy lede se behoeftes eerste plaas. Vir enige navrae, skakel 0861 25 24 23. 'n Kundige span Solidariteit-agente is gereed om uitmuntende diens aan jou te lewer.  
Die Solidariteit Regsfonds is met een doel voor oë gestig: Om die regering se onregmatige toepassing van regstellende aksie teen te staan sodat jy en jou kinders goeie werk kan hê. Hoekom beveg ons regstellende aksie?
  • Solidariteit beveg tans tot 34 regstellendeaksiesake regoor die land namens sy lede en beywer hom deurgaans om lede teen die regering se beheptheid met ras en rasseverteenwoordiging te beskerm.
  • Die regering se volgehoue toepassing van rassekwotas het die verdrukking van minderheidsgroepe en die totale verontagsaming van vaardighede tot gevolg.
  • Hierdie blindelingse toepassing van rasgedrewe regstellende aksie lei tot die verswakking van die staat en sy instellings, wat die kwaliteit van dienslewering beïnvloed.
Eskom as voorbeeld oor die invloed van regstellende aksie
  • Volgens ’n studie deur dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Eskom in ’n kwessie van agt jaar, tussen 1994 en 2002, van 10 207 ervare werknemers ontslae geraak.
  • Dié ingesteldheid het Eskom se fokus verskuif van kragvoorsiening na rasseverteenwoordiging.
  • Die skielike verlies aan vaardighede sowel as die vernietiging van die instansie se institusionele geheue het groot probleme veroorsaak.
Wat doen Solidariteit?
  • Solidariteit het al menige sake namens werknemers van die departement van korrektiewe dienste, die SAPD, Eskom en munisipaliteite beveg.
  • Dit is egter nie genoeg nie. Die toepassing van regstellende aksie diskrimineer juis teen sommige rasse groeperinge op grond van hul velkleur.
  • Die vakbond se volgende groot stap is om hom tot die Verenigde Nasies te wend deur die indiening van ’n skaduverslag oor regstellende aksie.
  • Solidariteit beoog om deur hierdie skaduverslag te bewys dat die regering se toepassing van rassewetgewing onkonstitusioneel is en teen die VN se konvensie oor die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie indruis.
Help Solidariteit in sy stryd teen regstellende aksie en verseker só dat jy en jou kinders nie op grond van ras beoordeel word nie, maar op grond van jul vaardighede. So verseker ons dat jou toekoms en die toekoms van jou kinders vry, veilig en voorspoedig kan wees. Jy kan ʼn bydrae lewer in die geveg. Sluit vandag aan by Solidariteit, klik hier
Die Solidariteit Beweging bou aan 'n beter samelewing en 'n beter toekoms vir ons nageslag en ons doen dit hoofsaaklik deur die Solidariteit Boufonds. Solidariteit het die onsekerhede in ons land raakgesien en besluit om met jou hulp iets positiefs daaraan te doen. Die Solidariteit Beweging besef hoe noodsaaklik goeie opleiding in skaars vaardighede is en dit is juis hierdie knelpunt wat deur die Boufonds aangepak word. Met reeds bestaande Solidariteit-opleidingsinstansies, Sol-Tech en Akademia, word jongmense die geleentheid gebied om vir hulself die nodige kennis te bekom om as 'n minderheidsgroep in 'n meerderheidsamelewing te kan floreer. Die Boufonds is deur Solidariteit tot stand gebring omdat die vakbond glo dat kennis die beste manier is om sy lede in die nuwe, onsekere ekonomie te beskerm. Die Boufonds het juis ten doel om na die behoefte van sy mense en die toekoms om te sien. Ons fokus op 'n veilige Afrikaanse opleidingstoekoms van hoë gehalte en het al reeds die volgende bereik deur die finansiële bydraes wat ons van ons ondersteuners ontvang. Akademia • Waar skoolverlaters en werkende mense deeltyds geakkrediteerde kwalifikasies van hoë gehalte kan verwerf. • R50 miljoen is al deur die Solidariteit Boufonds en die Virseker Trust uitbetaal om Akademia te bou. • Akademia bied reeds: BCom Ondernemingsbestuur BCom Bestuursrekeningkunde BCom Ekonomie en Regte Gevorderde Diploma in Projekbestuur Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie (Algemeen of Projek administrasie) Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde Vir meer inligting oor Akademia, besoek gerus die webtuiste: www.akademia.ac.za. Sol-Tech • Solidariteit het in 2006 die fakkel tot opleiding aangesteek en sy eie tegniese opleidingskollege op die been gebring. Sol-Tech bied reeds 'n uitgebreide reeks kursusse in skaars vaardighede aan. • Meer as 600 ambagsmanne is al deur Sol-Tech gekwalifiseer. • Op enige gegewe tydstip word 1 000 jong ambagslui deur die instansie geakkommodeer. • Sol-Tech is 'n privaat tegniese opleidingsinstelling wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik. Vir meer inligting oor Sol-Tech, besoek gerus die webwerf: www.sol-tech.co.za. Aros • Een van vier geakkrediteerde privaat instansies wat onderwys aanbied, waarvan Aros die enigste Afrikaanse privaat instansie is. Sol-Tech is teen 'n koste van meer as R50 miljoen opgerig. Die Boufonds het in 2016, R200 000 vir die oprigting van 'n nuwe sentrum by Aros bygedra en net die beste toerusting en tegnologie word hier gebruik. Met die bekendstelling van die Solidariteit Beweging se 2020-Toekomsplan by die Toekomsberaad in 2015, is daar aangekondig dat Solidariteit oor die volgende vyf jaar R3,5 miljard in verskeie projekte en instansies gaan belê. Die geld gaan onder meer vir die uitbouing van die Solidariteit Beweging se reeds bestaande opleidingsinstellings, Sol-Tech en Akademia, aangewend word. Dié instellings, wat onderskeidelik 'n tegniese opleidingskollege en 'n Afrikaanse privaat universiteit is, fokus daarop om gehalte tersiêre opleiding aan studente te bied. Die Boufonds speel 'n kardinale rol daarin om hierdie doelwitte te verwesenlik sodat Afrikaners steeds vry, veilig en voorspoedig in Suid-Afrika kan leef en werk. Besoek gerus die Boufonds-webwerf: www.boufonds.co.za. Help bou aan 'n mooier môre, sluit aan by Solidariteit. Klik hier.

MENINGSPEILING

Kies die temas uit Solidariteit se bouplan wat jou die naaste aan die hart lê en teken op om saam te bou.

Gee jou Mening

FACEBOOK

Hou die #BouSaam veldtog dop op Facebook.

Vat my na Facebook

Waaraan Bou Ons?

Afrikaans

Oorsig Ons het histories ‘n noue verbintenis met die Afrikaner-gemeenskap en het steeds so ‘n verbintenis. Afrikaans is een van Suid-Afrika se belangrike landstale – dit is die taal wat miljoene Suid-Afrikaners na aan die hart lê. Die realiteit is egter dat Afrikaans as hoëfunksietaal weens verskeie redes bedreig word,  ... Lees meer

Lees meer

Vrye ekonomie en politieke posisionering

Oorsig Ons staan ‘n ekonomiese orde van vrye mededinging voor. Die Suid-Afrikaanse ekonomiese beleid behoort gebaseer te word op ‘n vryemark-ekonomie waar daar balans tussen die verskillende rolspelers in die ekonomie bestaan. Ons streef na ʼn Suid-Afrika waarin die rol van instellings voorop staan en vertroue tussen mense hoog is.  ... Lees meer

Lees meer

Media

Oorsig Tans word daar bitter min of geen ruimte geskep vir Afrikaanse media nie. Selfs binne die kommersiële Afrikaanse media is daar sekere media-instansies wat onsimpatiek staan teenoor Afrikaans se benarde situasie, of wat nie te vinde is daarvoor om hul monopolie op die Afrikaanse media prys te gee ten  ... Lees meer

Lees meer

Oppergesag van die reg

Oorsig Die doel van Solidariteit is om ʼn Suid-Afrika tot stand te bring waarin almal vry, gelyk voor die reg, waardig en billik behandel sal word. Sedert 1902 veg Solidariteit aktief vir sy lede in howe sodat geregtigheid in die werkplek kan geskied, asook om ʼn stokkie te steek voor  ... Lees meer

Lees meer

Groeiende selfstandigheid

Oorsig Ons wil nie net daarop fokus om ekonomiese oplossings aan ons lede te bied nie. Ons poog om vir ons lede en hul gemeenskappe demokratiese ruimtes te skep waarin hulle onafhanklik kan leef. Die antwoord op staatsverval is die politiek van self. Daarom is dit noodsaaklik dat ons intree  ... Lees meer

Lees meer

Studiehulp

Oorsig Ons sien onself as bouers wat al vir die afgelope 115 jaar saam met geesdriftige lede besig is om te bou aan ʼn toekoms. Ten spyte van al die onsekerheid in ons land sal ons nooit ophou bou aan opleidingsinstellings nie. Ons sal aanhou om studiegeleenthede vir die lede  ... Lees meer

Lees meer

Opleiding

Oorsig Suksesvolle kultuurgemeenskappe benodig gesonde, stabiele en florerende onderwys en beroepsopleiding. Reeds vanaf die middel 1800’s het Afrikaners op verskeie plekke beroepskolleges en universiteite begin oprig. Met verloop van tyd het dié beroepskolleges en universiteite egter hul gemeenskapskarakter verloor en al meer ʼn staatskarakter ontwikkel. Tans word dié inrigtings deur  ... Lees meer

Lees meer

Goeie Werk

Oorsig Volgens die Amerikaanse meningsopname-maatskappy Gallup, is die grootste behoefte van mense dwarsoor die wêreld ʼn goeie werk. Behalwe die ekonomiese stabiliteit wat werk gee, bepaal jou werk in ʼn groot mate wie jy is en waar jy inpas. Hier by Solidariteit glo ons in meer as net ʼn goeie  ... Lees meer

Lees meer

Groter Solidariteit Beweging

Oorsig Die ontstaan van die Solidariteit Beweging kan sover teruggeneem word as Junie 1902 toe die Transvaal Miners Association gestig is. Die Beweging se oorsprong kan nie net toegeskryf word aan individuele dade nie, maar het ook deur die funksie van instellings tot stand gekom. Die Solidariteit Beweging bestaan uit  ... Lees meer

Lees meer

Registreer / Register

Maak toe / Close