BEL ONS: 012 644 4300

#GoeieGons-2022
Bepalings en voorwaardes

Solidariteit se Gilde vir Kommunikasie en Bemarking

Solidariteit se Gilde vir Kommunikasie en Bemarking wil deur die #GoeieGons-toekenning erkenning gee aan die onblusbare talent van Afrikaanse ontwerpers, bemarkers, kopieskrywers, joernaliste, omroepers, videovervaardigers en fotograwe.

  1. Nomineer ’n Afrikaanse ontwerper, bemarker, kopieskrywer, joernalis, omroeper, video vervaardiger of fotograaf met #GoeieGons en gee aan hierdie talentvolle mense die erkenning wat hulle verdien.
  2. Nominasies is gratis en kan in een van die volgende kategorieë gemaak word naamlik:
    • Skryfwerk – kreatief of joernalistiek
    • Grafiese ontwerp – korporatiewe ontwerpe of kuns en illustrasie
    • Fotografie – leefstyl of aktueel
    • Radio
    • Videoproduksie
  3. Geen nominasie van pornografiese aard, of wat andersins aanstootlik kan wees sal vir die toekenning oorweeg word nie.
  4. Die genomineerde kan die nominasie aanvaar deur ’n maksimum van drie werke, ’n foto, asook ’n kort biografie as inskrywing in te stuur.
  5. Volg hierdie stappe om ’n persoon se kreatiewe werke te nomineer:
    • Stap 1: Klik op die volgende skakel: https://solidariteit.co.za/goeiegons-2022/
    • Stap 2: Vul jou en die persoon wie jy nomineer se besonderhede hier in om te kwalifiseer.
    • Stap 3: Klik op die kategorie kieslys en kies die kategorie waarvoor jy graag die persoon wil nomineer.
    • Stap 4: Deel gerus die skakel op sosiale media en moedig nog mense aan om Afrikaanse talent vir hierdie gesogte toekenning te nomineer.
  6. Finaliste sal slegs oorweeg word indien die vorm op die skakel volledig ingevul word.
  7. Die getal inskrywings per kategorie is onbeperk.
  8. Die getal nominasies per persoon is ook onbeperk.
  9. Geen persone onder 18 jaar mag aan die kompetisie deelneem nie.
  10. Die nomineerder is verantwoordelik vir die korrektheid en suksesvolle registrasie van die genomineerde.
  11. Die genomineerde sal sy oorspronklike werk self kan indien en hierdeur aanvaar dat hy of sy die nominasie aanvaar.
  12. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.
  13. Nominasies sluit 25 Februarie 2022.
  14. Neem kennis dat die genomineerde slegs tot 2 Maart het om sy of haar nominasie te aanvaar en die korrekte inligting te voorsien.
  15. Die top-5 nominasies uit elke kategorie word op 11 April 2022 op ’n stemblad geplaas waarna dit vir publieke stemming beskikbaar sal wees.
  16. Die stemblad sluit 29 April 2022.
  17. Die wenners uit elke kategorie word op 13 Mei 2022 op sosiale media aangekondig.
  18. Die trofees en pryse word later in die jaar by ’n glansgeleentheid aan die wenners oorhandig.
  19. Die wenners ontvang elkeen onder meer ’n bedrag van R2 500, ’n geskenkpak, media blootstelling en ’n trofee.
  20. Die wenners sal deur ʼn onafhanklike paneel sowel as publieke stemme vir elke kategorie gekies word. Beslissings is finaal.
  21. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  22. Die wenner sal op al Solidariteit se openbare platforms bekendgemaak word.
  23. Geen pryse kan oorgedra, omgeruil of uitgeruil word nie.
  24. Die wenners stem in om hulle samewerking te gee en aan al Solidariteit se openbare- of mediageleenthede deel te neem wat met die kompetisie verband hou. Genomineerdes stem ook in dat hulle basiese besonderhede op Solidariteit se webwerwe mag verskyn.
  25. Alle inskrywings word die eiendom van Solidariteit, maar die inligting sal vertroulik hanteer word en slegs vir Solidariteit se gebruik wees.
  26. Deelname aan hierdie toekenning veronderstel toestemming om deur Solidariteit gekontak te word.
  27. Alle deelnemers vrywaar die Solidariteit Beweging, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benutting van die prys.
  28. Indien Solidariteit nie daarin slaag om die pryswenner binne vyf werksdae per e-pos of telefonies te bereik nie, sal die naaswenner as wenner aangewys word.
  29. Solidariteit en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat ’n inskrywing onsuksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. Die inskrywer moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig.

Klik hier vir die volledige bepalings en voorwaardes

Registreer / Register

Maak toe / Close