BEL ONS: 012 644 4300

Die Solidariteit Gilde vir Kommunikasie en Bemarking wil jou as #GoeieGons-finalis en as ons eregas by die jaarlikse Gonsfees – jou Netwerk-Nagmark – ontvang. Die wenners sal by hierdie fees aangekondig word.

Ons stel bekend: “Jou Netwerk-Nagmark”, ʼn kommunikasiefees wat jou die geleentheid bied om jou netwerk in die kommunikasiebedryf uit te brei. Hier gee ons erkenning aan onblusbare talent in die kommunikasieberoep, en ons nooi jou uit om deel daarvan te wees.

Kom luister na spesialiste in dié beroep, besoek talle stalletjies van entrepreneurs in die omgewing waarmee Solidariteit hulleself graag vereenselwig. Kom geniet smaaklike verversings en verbreed jou kennis met die nuutste wenke in die bedryf.

Bring gerus jou metgesel saam om die aand saam met ons te geniet.

Bespreek jou plek voor 4 Oktober 2021*

*Beperkte kaartjies is beskikbaar weens Covid-19-regulasies.

#GoeieGons Nagmark - Top25
Bywoning
Metgesel

Registreer / Register

Maak toe / Close