Highveld Steel-ooreenkoms goed vir ekonomie en gemeenskap – Solidariteit

Vrydag, Desember 23rd, 2016

Die vakbond Solidariteit het vandag die ooreenkoms wat ArcelorMittal Suid-Afrika met Evraz Highveld Steel se aanleg buite Witbank gesluit het, verwelkom.

Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van die staal- en ingenieursbedryf by Solidariteit, behels die ooreenkoms dat ’n sub-afdeling van Higveld Steel, Highveld Structural Mill Proprietary Limited (HSM), ingespan sal word om swaar strukturele staal te vervaardig. HSM is boonop die enigste aanleg op die Afrika-kontinent wat strukturele staal van dié aard kan vervaardig.

Croucamp sê hierdie ooreenkoms is ’n positiewe verwikkeling vir die plaaslike gemeenskap sowel as vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. “Dié plaaslike gemeenskap is vroeër vanjaar deur massa-afleggings, waarby 1 753 werknemers betrokke was, geraak. Hierdie ooreenkoms sal nie net die plaaslike gemeenskap ’n hupstoot gee nie, maar is ook ’n welkome inspuiting vir die Suid-Afrikaanse ekonomie deurdat hy sy eie strukturele staal sal vervaardig,” het Croucamp gesê.

Volgens Croucamp strek die ooreenkoms wat bereik is oor twee jaar met die opsie om dit vir ’n nog ’n jaar te verleng. “Daar sal vroeg in die nuwe jaar bepaal word hoeveel werknemers vir die doeleindes van die ooreenkoms aangestel moet word,” het Croucamp verduidelik.

 

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Solidariteit loods veldtog om die toekoms van die Suid-Afrikaanse staalbedryf te verseker
Die vakbond Solidariteit gaan op Donderdag 30 Maart 2017 sy “Steun Ons Staal”-veldtog (SOS) van stapel stuur. Die Suid-Afrikaanse staalbedryf beleef tans ekonomiese teëspoed vanweë ʼn drastiese afswaai in die groei van die plaaslike ekonomie, kostedruk in die vervaardigingsektor, asook uitermate hoë staalinvoere. Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit se metaal- en ingenieursbedryf, het hierdie […]
Solidariteit se aansoek rakende Hlaudi dan aangehoor
Die vakbonde Solidariteit en die Broadcasting, Electronic, Media & Allied Workers Union (Bemawu) se aansoek dat Hlaudi Motsoeneng toegevoeg moet word as respondent in dié twee vakbonde se kostebevelsaak teen die SAUK sal op Dinsdag 28 Maart 2017 in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word. Dit volg nadat die arbeidshof in 2016 beslis het dat […]
Hoeveel Nico’s nog?
  Solidariteit veroordeel die doodsdreigemente wat Nico Viljoen, ʼn Solidariteit-lid van Orkney, ontvang weens ’n sosiale voorval wat in ’n Johannesburgse Spur-restaurant plaasgevind het en waarby hy nie betrokke was nie, ten sterkste. Hy het toevallig net dieselfde naam as een van die partye wat wel by die voorval betrokke was. Connie Mulder, hoof van […]
1 2 3 687