Jy het pas jou salaris ontvang en droom groot drome oor waarop jy dit gaan spandeer. Die harde realiteit het egter ingeskop toe die debietorders eers een na die ander begin afgaan: studieskuld, karpaaiement, verblyf, en met ʼn skok besef jy jy het meer maand as salaris!
Die woord “begroting” hoef nie ʼn vloekwoord te wees nie, maar dit kan beslis jou sleutel tot finansiële sukses wees!
Solidariteit se netwerk vir jongwerkendes het vir jou ʼn beginnerspak saamgestel met alles wat jy van spaar en begroot moet weet. Deur ons sewe stappe vir finansiële beplanning te volg, gaan jy nie meer net van salaris tot salaris hoef te oorleef nie.
Op 30 Junie kan jy gratis van enige plek af by ons interaktiewe sessie inskakel, waar ons finansiële kenner vir jou die 7 stappe vir finansiële beplanning gaan gee en verduidelik. Die doel van hierdie sessie is nie om jou met inligting te oorlaai en te oorweldig nie, maar om jou aan die hand van praktiese voorbeelde te help en te bemagtig in die volgende:
Moenie wag nie, want van uitstel kom afstel. Begin vandag al aan jou finansiële vryheid bou!
Solidariteit Onderwysgilde: Onderwystoekenning 2021
Bepalings en voorwaardes
Klik hier om die volledige bepalings en voorwaardes te lees.
Ambaggilde-verwysingskompetisie: Bepalings en voorwaardes
Klik hier om die volledige bepalings en voorwaardes te lees.
#GoeieGons 2021: Bepalings en voorwaardes
Solidariteit Gilde vir Kommunikasie en Bemarking
Die Solidariteit Gilde vir Kommunikasie en Bemarking wil deur die #GoeieGons-toekenning erkenning gee aan die onblusbare talent van Afrikaanse ontwerpers, bemarkers, kopieskrywers, joernaliste, omroepers, videovervaardigers en fotograwe.
Klik hier om die volledige bepalings en voorwaardes te lees.
Met die mosie eis ek die volgende: