BEL ONS: 012 644 4300

Solidariteit Beweging maak 10-puntplan oor universiteitsektor bekend

Die Solidariteit Beweging gaan Woensdag in Centurion sy tienpuntplan rondom die krisisse in die universiteitsektor bekendmaak. Die Solidariteit Beweging wat Solidariteit, AfriForum, AfriForum Jeug  en Solidariteit Helpende Hand insluit, dring ondermeer daarop aan dat die universiteite onmiddellik na die reses heropen word. Die Beweging verteenwoordig duisende studente, universiteitspersoneel en ouers  … Lees meer


UV kry tweede bloedneus met taalbeleid

’n Volbank regters van die Bloemfonteinse hooggeregshof  het vandag beveel dat die Universiteit van die Vrystaat (UV) nie sy nuwe taalbeleid mag implementeer totdat die universiteit se appèl teen ’n vroeëre uitspraak ten gunste van Solidariteit en AfriForum, afgehandel is nie. Die hooggeregshof het in Julie vanjaar beveel dat die  … Lees meer


AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit verwelkom uitspraak oor UV-taalbeleid as oorwinning vir Afrikaans

AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit verwelkom die uitspraak van die hooggeregshof in Bloemfontein vandag – wat die senaats- en raadsbesluit oor die taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat tersyde stel – as ʼn oorwinning vir Afrikaans, sy sprekers en die taalregte van Suid-Afrikaners oor die algemeen. As dié besluite  … Lees meer


Universiteitsbestuur moet beheer neem van kampusse – Solidariteit

www.theguardian.co.uk

Skade aan universiteite selfs meer as wat regering voorgee Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn dringende beroep op die bestuursliggame van universiteite, waar daar die laaste jaar gewelddadige studenteprotesoptogte plaasgevind het, gedoen om weer beheer oor hul kampusse te neem. Dit volg onder meer na die onlangse aankondiging deur die  … Lees meer


Onderwyswet bedreig akademiese uitnemendheid – Solidariteit Beweging

Toenemende staatsbeheer oor openbare universiteite hou ’n groeiende gevaar vir akademiese vryheid, institusionele onafhanklikheid, gehalte-universiteitsopleiding en gehaltenavorsing in. Sό het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, vandag gesê nadat die omstrede Wysigingswetsontwerp op Hoër Onderwys pas deur die parlement ingestem is. Buys het gewaarsku dat die verstaatliking van die  … Lees meer


AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit

AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit het vandag stukke by die hooggeregshof in Bloemfontein ingedien vir regsaksie om die taalbeleid tersyde te stel wat die Universiteit van die Vrystaat (UV) beoog om in 2017 te implementeer. Die saak behoort in Junie 2016 aangehoor te word. In ’n verklaring gister het die  … Lees meer


AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit nader hof oor afskaffing van Afrikaans by Kovsies

AfriForum, AfriForum Jeug en die vakbond Solidariteit het vandag met hul regspan gekonsulteer na aanleiding van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se raadsbesluit Vrydag dat slegs Engels vanaf 2017 die onderrig- en administratiewe taal van die universiteit sal wees. Konsensus is bereik dat die instellings die hof gesamentlik sal  … Lees meer


Kampusgeweld: Solidariteit waarsku teen tweede Marikana

Die huidige vlaag van studente-protesaksies toon direkte ooreenkomste met die Marikana-insident wat in Augustus 2012 plaasgevind het. So het Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, vandag gewaarsku. Du Plessis het voorts gewaarsku dat indien die studente-protesleiers voortgaan om kwaad te stook en om geweld en anargie te verromantiseer, dieselfde tragiese  … Lees meer


Solidariteit dring aan op veiligheid van personeel by UV

Die vakbond Solidariteit het gister in ’n skrywe aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) daarop aangedring dat die universiteit proaktiewe stappe moet neem om die veiligheid van die vakbond se lede op die kampus te verseker. Dit volg nadat die UV sedert Maandag onder gewelddadige betogings gebuk gaan. “As  … Lees meer


Solidariteit bekommerd oor voortdurende onrus op kampusse

Die vakbond Solidariteit het vandag sy kommer uitgespreek oor die voortdurende onrus op universiteitskampusse, en die impak wat dit op sy lede en ander universiteitspersoneel het. Die vakbond het voorts gesê dat hy pro-aktief optree om die impak wat die voortdurende spanning by universiteite op sy lede het, te beperk.  … Lees meer


Registreer / Register

Maak toe / Close