BEL ONS: 012 644 4300

UP Navrae

Beste Solidariteit-lid Sedert die Solidariteit Beweging verlede week in Centurion sy 10-puntplan rondom die krisisse in die universiteitsektor bekend gemaak het, word Solidariteit deur talle navrae oorval. Ons deel u kommer en frustrasie oor die situasie wat tans landswyd op kampusse heers en ons het reeds uiteenlopende prosesse aangepak om  … Lees meer


Solidariteit Beweging maak 10-puntplan oor universiteitsektor bekend

Die Solidariteit Beweging gaan Woensdag in Centurion sy tienpuntplan rondom die krisisse in die universiteitsektor bekendmaak. Die Solidariteit Beweging wat Solidariteit, AfriForum, AfriForum Jeug  en Solidariteit Helpende Hand insluit, dring ondermeer daarop aan dat die universiteite onmiddellik na die reses heropen word. Die Beweging verteenwoordig duisende studente, universiteitspersoneel en ouers  … Lees meer


Afrikaans terug in die hande van die gemeenskap

Die raad van die Universiteit van Pretoria het met instemming van die senaat die voorstel aanvaar dat Engels die primêre taal van onderrig en assessering aan die universiteit sal word, terwyl die Universiteit Stellenbosch (US) ook met ’n oorweldigende meerderheid ’n nuwe taalbeleid aanvaar het wat die beskerming van Afrikaans  … Lees meer


Onderwyswet bedreig akademiese uitnemendheid – Solidariteit Beweging

Toenemende staatsbeheer oor openbare universiteite hou ’n groeiende gevaar vir akademiese vryheid, institusionele onafhanklikheid, gehalte-universiteitsopleiding en gehaltenavorsing in. Sό het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, vandag gesê nadat die omstrede Wysigingswetsontwerp op Hoër Onderwys pas deur die parlement ingestem is. Buys het gewaarsku dat die verstaatliking van die  … Lees meer


Tuks-bestuur hef skorsing van gewelddadige EFF-studente op – Solidariteit

Foto: Nigel Sibanda; The Citizen.

Die vakbonde Solidariteit en UPWO het die bestuur van die Universiteit van Pretoria (UP) se besluit om vier EFF-studente se skorsing op te hef, gekritiseer. Die UP se bestuur het die naweek tydens ’n samekoms besluit om die skorsing van die groep EFF-studente, wat onlangs weens openbare geweld op kampus  … Lees meer


Solidariteit besoek UP-kampus om die stand van veiligheid te bepaal

Die Solidariteit-span wat vroeër die UP se hoofkampus besoek het om vas te stel of die kampus veilig is vir lede.

’n Waarnemingspan van die vakbond Solidariteit het vandag besoek by die Universiteit van Pretoria (UP) afgelê om vas te stel of die kampus vandag veilig is vir sy lede om hul werk op dié kampus weer normaal voort te sit. Dit volg nadat EFF-betogers steeds gedreig het om die kampus  … Lees meer


Herstel van ‘n vreedsame, stabiele en volhoubare akademiese program aan die Universiteit van Pretoria (UP)

MEDIAVERKLARING OOR OOREENKOMS TUSSEN DIE VOLGENDE PARTYE:   GAUTENG PROVINSIALE ALLIANSIE EN PROGRESSIEWE JEUGALLIANSIE (PYA) SOOS VOLG VERTEENWOORDIG: AFRICAN NATIONAL CONGRESS (ANC) GAUTENG-PROVINSIE SUID-AFRIKAANSE KOMMUNISTEPARTY (SAKP) GAUTENG-PROVINSIE CONGRESS OF SOUTH AFRICAN TRADE UNIONS (COSATU) GAUTENG-PROVINSIE SOUTH AFRICAN NATIONAL CIVIC ASSOCIATION (SANCO) GAUTENG-PROVINSIE ANC-JEUGLIGA GAUTENG-PROVINSIE YOUNG COMMUNIST LEAGUE, SA (YCL) GAUTENG-PROVINSIE  … Lees meer


Kampusgeweld: Solidariteit waarsku teen tweede Marikana

Die huidige vlaag van studente-protesaksies toon direkte ooreenkomste met die Marikana-insident wat in Augustus 2012 plaasgevind het. So het Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, vandag gewaarsku. Du Plessis het voorts gewaarsku dat indien die studente-protesleiers voortgaan om kwaad te stook en om geweld en anargie te verromantiseer, dieselfde tragiese  … Lees meer


Solidariteit, Upwo beveel UP-lede aan om nie te gaan werk totdat kampus veilig is

Die vakbond Solidariteit en die Universiteit van Pretoria Werknemersorganisasie (Upwo) het vandag in ʼn skrywe aan die bestuur van die Universiteit van Pretoria (UP) gesê dat hul lede slegs vir diens sal aanmeld mits die universiteit hul blywende veiligheid kan verseker. Die vakbonde het voorts die bestuur van die universiteit  … Lees meer


Solidariteit, oud-Tukkies begin referendum na UP se planne om Afrikaans uit te faseer

Die vakbond Solidariteit wat werknemers van die Universiteit van Pretoria (UP) verteenwoordig en wat ook duisende oud-Tukkies as lede het, het vandag ʼn referendum oor die voorgestelde wysiging aan die UP se taalbeleid van stapel gestuur. Dit volg nadat ’n UP-taakspan, na aanleiding van eise van die EFF, met voorstelle  … Lees meer


Registreer / Register

Maak toe / Close