BEL ONS: 012 644 4300

Solidariteit Beweging maak 10-puntplan oor universiteitsektor bekend

Die Solidariteit Beweging gaan Woensdag in Centurion sy tienpuntplan rondom die krisisse in die universiteitsektor bekendmaak. Die Solidariteit Beweging wat Solidariteit, AfriForum, AfriForum Jeug  en Solidariteit Helpende Hand insluit, dring ondermeer daarop aan dat die universiteite onmiddellik na die reses heropen word. Die Beweging verteenwoordig duisende studente, universiteitspersoneel en ouers  … Lees meer


Afrikaans terug in die hande van die gemeenskap

Die raad van die Universiteit van Pretoria het met instemming van die senaat die voorstel aanvaar dat Engels die primêre taal van onderrig en assessering aan die universiteit sal word, terwyl die Universiteit Stellenbosch (US) ook met ’n oorweldigende meerderheid ’n nuwe taalbeleid aanvaar het wat die beskerming van Afrikaans  … Lees meer


Universiteitsbestuur moet beheer neem van kampusse – Solidariteit

www.theguardian.co.uk

Skade aan universiteite selfs meer as wat regering voorgee Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn dringende beroep op die bestuursliggame van universiteite, waar daar die laaste jaar gewelddadige studenteprotesoptogte plaasgevind het, gedoen om weer beheer oor hul kampusse te neem. Dit volg onder meer na die onlangse aankondiging deur die  … Lees meer


Onderwyswet bedreig akademiese uitnemendheid – Solidariteit Beweging

Toenemende staatsbeheer oor openbare universiteite hou ’n groeiende gevaar vir akademiese vryheid, institusionele onafhanklikheid, gehalte-universiteitsopleiding en gehaltenavorsing in. Sό het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, vandag gesê nadat die omstrede Wysigingswetsontwerp op Hoër Onderwys pas deur die parlement ingestem is. Buys het gewaarsku dat die verstaatliking van die  … Lees meer


Kampusgeweld: Solidariteit waarsku teen tweede Marikana

Die huidige vlaag van studente-protesaksies toon direkte ooreenkomste met die Marikana-insident wat in Augustus 2012 plaasgevind het. So het Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, vandag gewaarsku. Du Plessis het voorts gewaarsku dat indien die studente-protesleiers voortgaan om kwaad te stook en om geweld en anargie te verromantiseer, dieselfde tragiese  … Lees meer


Keuringskwotas vir mediese studies by Maties onwettig

Die vakbond Solidariteit het vandag met regsaksie teen Universiteit Stellenbosch begin na aanleiding daarvan dat voornemende mediese studente op grond van hul ras gekeur word om aan die instelling te studeer. Dit volg nadat die vakbond inligting deur sy keuringskwotasveldtog bekom het waaruit dit blyk dat 67% se plekke gereserveer  … Lees meer


Solidariteit stel mosie van wantroue teen Maties-bestuur in

Die vakbond Solidariteit het gesê hy gaan ʼn mosie van wantroue teen die bestuur van die Universiteit van Stellenbosch instel. Dit volg nadat die universiteit Vrydag twee Matie-studente, wat valslik van rassisme beskuldig is, geskors het. Die drukgroep, Open Stellenbosch, het twee Matie-damestudente, Poekie Briedenhann en Jo-Anne Cloete, verlede week  … Lees meer


Solidariteit bekommerd oor voortdurende onrus op kampusse

Die vakbond Solidariteit het vandag sy kommer uitgespreek oor die voortdurende onrus op universiteitskampusse, en die impak wat dit op sy lede en ander universiteitspersoneel het. Die vakbond het voorts gesê dat hy pro-aktief optree om die impak wat die voortdurende spanning by universiteite op sy lede het, te beperk.  … Lees meer


31 000 stemme kan nie geïgnoreer word nie

Die vakbond Solidariteit verwelkom die raadsbesluite wat gister, 30 November, tydens die geskeduleerde raadsvergadering van die Universiteit Stellenbosch (US) geneem is. Die raad het besluit om verbind te bly tot die taalbeleid soos aanvaar op 22 November 2014. Die raad het bevestig dat die universiteit se meertalige aanbod as ’n  … Lees meer


Meer as 30 000 steun referendum oor Maties-taalbeleid – Solidariteit

Meer as 30 000 oudstudente en belanghebbendes het in samewerking met die vakbond Solidariteit in ʼn onlangse referendum vir die behoud van Afrikaans op die Universiteit Stellenbosch (US) deelgeneem. Solidariteit gaan die uitslag van die referendum tydens vandag, Maandag 30 November 2015, se raadsvergadering aan die universiteitsraad oorhandig. Die referendum volg  … Lees meer


Registreer / Register

Maak toe / Close