BEL ONS: 012 644 4300

#JouYster-2022
Bepalings en voorwaardes

Solidariteit se Ambaggilde

Solidariteit se Ambaggilde wil deur die #JouYster-toekenning aan ambagspersone se talent, ywer, passie en toewyding in die ambagsberoep erkenning gee. Hulle is die ware Ysters wat die ratte van die samelewing laat draai.

 

  1. Nomineer ʼn Afrikaanse ambagsman of -vrou met die #JouYster-kompetisie, en gee aan hierdie talentvolle mense die erkenning wat hulle toekom.
  2. Nominasies is gratis.
  3. Die genomineerde kan die nominasie aanvaar deur voor 6 Mei 2022 ʼn foto asook ʼn kort biografie as inskrywing in te stuur.
  4. Volg hierdie stappe om ʼn persoon te nomineer:
    • Stap 1: Klik op die volgende skakel: https://solidariteit.co.za/jouyster2022-nomineer/
    • Stap 2: Vul jou, en die persoon wat jy nomineer se besonderhede hier in om te kwalifiseer.
    • Stap 3: Deel gerus die skakel op sosiale media en moedig nog mense aan om Afrikaanse talent vir hierdie gesogte toekenning te nomineer.
  5. Finaliste sal slegs oorweeg word indien die vorm op die skakel volledig ingevul is.
  6. Die aantal inskrywings is onbeperk.
  7. Die aantal nominasies per persoon is ook onbeperk.
  8. Geen persone onder 18 jaar mag aan dié kompetisie deelneem nie.
  9. Die nomineerder is vir die korrektheid en suksesvolle registrasie van die genomineerde verantwoordelik.
  10. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.
  11. Nominasies sluit op 22 April 2022.

Registreer / Register

Maak toe / Close