#GoeieGons 2021: Bepalings en voorwaardes
Solidariteit Gilde vir Kommunikasie en Bemarking
Die Solidariteit Gilde vir Kommunikasie en Bemarking wil deur die #GoeieGons-toekenning erkenning gee aan die onblusbare talent van Afrikaanse ontwerpers, bemarkers, kopieskrywers, joernaliste, omroepers, videovervaardigers en fotograwe.
- Nomineer 'n Afrikaanse ontwerper, bemarker, kopieskrywer, joernalis, omroeper, videovervaardiger of fotograaf met 'n #GoeiGons-benoeming en gee só aan hierdie talentvolle mense die erkenning wat hulle verdien.
- Nominasies is gratis en kan in vyf kategorieë gemaak word, naamlik vir Skryfwerk, Grafiese ontwerp, Fotografie, Radio, en Videoproduksie.
- Om 'n persoon vir sy of haar kreatiewe werk te nomineer volg die stappe hieronder:
- Stap 1: Neem 'n foto of skermskoot van die werk wat genomineer word of nomineer 'n aanhaling van die betrokke item, artikel of slagspreuk.
- Stap 2: Klik op die volgende skakel: https://solidariteit.co.za/goeie-gons/
- Stap 3: Vul jou besonderhede en dié van die persoon wat jy nomineer hier in om te kwalifiseer.
- Stap 4: Klik op die kategorie-kieslys en kies die beroepsveld wat van toepassing is en laai die persoon wie se werk jy nomineer daar op. Jpeg-, pdf-, Mp3- en Mp4-formate word aanvaar.
- Stap 5: Deel gerus die skakel op sosiale media en moedig nog mense aan om Afrikaanse talent vir hierdie gesogte toekenning te nomineer.
- Finaliste sal slegs oorweeg word indien die skakel volledig ingevul is.
- Die getal inskrywings per kategorie is onbeperk.
- Die getal nominasies per persoon is ook onbeperk.
- Geen persone onder 18 jaar mag aan die kompetisie deelneem nie.
- Die nomineerder is verantwoordelik vir die korrektheid en suksesvolle registrasie van die genomineerde se inskrywing.
- Die genomineerde sal kan bevestig dat dit sy of haar oorspronklike werk is en dat hy of sy die toekenningsnominasie aanvaar.
- Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.
- Nominasies sluit op 30 Julie 2021.
- Die topvyf-nominasies uit elke kategorie word op 16 Augustus 2021 op 'n stemblad geplaas waarna dit vir stemming deur lede van die publiek beskikbaar sal wees.
- Die stemblad sluit op 31 Augustus 2021.
- Die wenners uit elke kategorie word tydens die Gonsfees, wat in September 2021 sal plaasvind, aangewys.
- Indien die wenner nie die Gonsfees kan bywoon nie, sal 'n ander wenner gekies word.
- Die wenners sal deur 'n onafhanklike paneel sowel as by wyse van die publiek se stemme vir elke kategorie gekies word. Beslissings is finaal.
- Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
- Die wenner sal op al Solidariteit se openbare platforms bekend gemaak word.
- Geen pryse kan oorgedra, omgeruil of uitgeruil word nie.
- Die wenners stem in om hul samewerking te gee en om aan al Solidariteit se openbare of mediageleenthede deel te neem wat met die kompetisie verband hou. Genomineerdes stem ook in dat hul besonderhede op Solidariteit se webwerwe mag verskyn.
- Alle inskrywings word die eiendom van Solidariteit, maar die inligting sal vertroulik hanteer word en slegs vir Solidariteit se gebruik wees.
- Deelname aan hierdie #GoeieGons-nominasieproses veronderstel toestemming om deur Solidariteit gekontak te word.
- Alle deelnemers vrywaar die Solidariteit Beweging, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benutting van die prys.
- Indien Solidariteit nie daarin kan slaag om die pryswenner binne vyf werksdae per e-pos of telefonies te kontak nie, sal die naaswenner as wenner aangewys word.
- Solidariteit en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat 'n inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. 'n Inskrywer moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig.
Klik hier om die volledige bepalings en voorwaardes te lees.