BEL ONS: 012 644 4300

Kantoorkampioen-toekenning 2022
Bepalings en voorwaardes

  1. Nomineer ʼn persoon in ʼn administratiewe beroep wat na jou mening die titel, Kantoorkampioen, waardig is.
  2. Nominasies word aanlyn gedoen.
  3. Inskrywings is gratis.
  4. Die wenners word aangewys uit ʼn kombinasie van punte wat deur ʼn paneelbeslissing en die publiek se stemme toegeken word. Indien die genomineerde ’n lid van die Solidariteit-kantoorpraktisynsnetwerk is, sal dit in sy/haar guns tel met ʼn addisionele puntetoekenning.
  5. Die getal nominasies per persoon is onbeperk. Dít sal ook in ag geneem word wanneer finaliste gekies word.
  6. Die getal inskrywings is onbeperk.
  7. Geen persone onder 18-jaar mag hieraan deelneem nie.
  8. Die genomineerde is verantwoordelik vir die korrektheid en suksesvolle registrasie van sy/haar inskrywing. Die vrae wat tydens die registrasie ingewin word sal ook met die beslissing van ons wenner in ag geneem word.
  9. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.
  10. Die nominasies kan vanaf 30 Mei 2022 tot 24 Junie 2022 ingestuur word waarna ʼn siftingsproses sal volg.
  11. Die stemproses vir die publiek, waartydens die hulle vir kwalifiserende kandidate kan stem, open op 8 Augustus 2022.
  12. Die toptien sal na ʼn netwerkgeleentheid uitgenooi word waartydens die wenner aangekondig sal word.
  13. Indien die wenner nie die geleentheid kan bywoon nie, sal ʼn ander wenner aangewys word.
  14. Die beslissing is finaal en is nie onderhandelbaar nie.
  15. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  16. Die wenner sal op al Solidariteit se openbare platforms bekend gemaak word.
  17. Geen pryse kan oorgedra, omgeruil of uitgeruil word nie.
  18. Die wenners stem in om hulle samewerking te gee en aan al die organisasie se openbare of mediageleenthede, wat met die kompetisie verband hou, deel te neem. Hulle stem ook in dat hul besonderhede op die organisasie se webwerwe mag verskyn en dat hulle die dienste sonder enige betaling sal adverteer en bevorder.
  19. Alle inskrywings word die eiendom van Solidariteit en sal in ʼn databasis opgeneem word, maar die inligting sal vertroulik hanteer word en slegs vir Solidariteit se gebruik wees.
  20. Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming om deur Solidariteit gekontak te word.
  21. Alle deelnemers vrywaar die Solidariteit Beweging, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benutting van die prys.
  22. Indien Solidariteit nie daarin slaag om ʼn pryswenner binne vyf werksdae na die finale beslissing per e-pos of telefonies te kontak nie, sal ʼn ander wenner aangewys word.
  23. Solidariteit en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat ʼn inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur, is nie bewys van ontvangs nie. ʼn Inskrywer moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig.

 

Klik hier vir die volledige bepalings en voorwaardes

Registreer / Register

Maak toe / Close