Ann Voskamp maak die opmerking: “Alle nuwe lewe groei uit die dieptes van duisternis.” Dit het my dadelik aan die skepping laat dink. Aan die begin van die skepping was die aarde ’n “vormlose, onbewoonbare massa, en die diep waters was toegevou in duisternis,” staan daar in Genesis 1:2. God … Lees meer
Paulus sukkel met ’n “doring in die vlees” waarmee hy nie vrede kon maak nie. Skrifverklaarders spekuleer dat hierdie doring dalk ’n siekte of ’n gebrek kon wees, maar dit was beslis iets waarvan Paulus dringend ontslae wou raak, ’n hindernis wat hom daarvan weerhou het om voluit as Christen … Lees meer
Jeremia is sekerlik een van die Bybel se sprekendste voorbeelde van moedeloosheid en negatiwiteit. Tog, in die middel van sy boek met die naam “Klaagliedere”, skryf hy vurig oor liefde, hoop en God se getrouheid. “Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut,” getuig hy … Lees meer
Een van die dinge wat moedeloosheid vererger, is onnodige bekommernis. Dit dien hoegenaamd geen doel om jou te bekommer nie; kommer versuur net ’n mens se lewe. Gaan lees weer ’n slag wat Jesus in sy Bergpreek oor bekommernis te sê het: Wanneer jy die dinge van God die belangrikste … Lees meer
Philip Yancey, die bekende Amerikaanse skrywer van boeke vir swaarkrymense, soos Where Is God When It Hurts, vra die vraag presies waar God in ons mees traumatiese tye is. En dan antwoord hy sy eie vraag in woorde wat ons aan Jesaja 41 vers 10 herinner: “Hy is by my, … Lees meer
Jesus het deur die hele Galilea rondgegaan. Hy het die mense in hulle sinagoges onderrig, die Goeie Nuus van God se koningsheerskappy aangekondig en elke siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak . – Matteus 4:23 Wanneer mense aan jou dink, sê hulle vir hulleself: “My lewe is … Lees meer
Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle gr aag wil hoor. – 2 Timoteus 4:3 As jy in jou leeftyd indruk wil maak, moet jy die lof wat jy van ander kan ontvang, ruil vir die waardevolle dinge wat jy vorentoe kan … Lees meer
Mense kruip by invloedrykes om gunste te kry. Vertrou eerder op die H ere. Hy sal jou saak hanteer. – Spreuke 29:26, Die Boodskap Dis verstommend hoeveel mense deesdae ’n sterk doelgerigtheid kortkom. Die Pulitzer-pryswennerskrywer Katherine Anne Porter het gesê: “Ek is verstom oor die rigtingloosheid van die meeste … Lees meer
‘Maar die Here sê vir hom: “Gaan, want hy is vir My ’n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.” – Handelinge 9:15 Baie mense ontdek hul droom met ’n flitsende insig nadat hulle al jare lank in ’n veld werk. … Lees meer
Toe die Here sien dat Moses naderkom om ondersoek in te stel, het Hy uit die bos na hom geroep: “Moses, Moses!” “Dit is ek , ja,” het Moses geantwoord. – Eksodus 3:4 Gebrokenheid behels die verwydering van onvanpaste hoogmoed en selfvertroue en die opbou van gesonde vertroue in … Lees meer