• Teken in
  • Kategorie: Algemene nuus


    Mededingingskommissie het hoë datakoste in sy visier

    Augustus 23rd, 2017

    Volgens Engineering News het die Mededingingskommissie ʼn markondersoek na datadienste van stapel gestuur na omvangryke versoeke deur verbruikers om datakoste te verlaag, asook daaropvolgende navrae van minstens drie ministers oor die hoë koste van data en die bekostigbaarheid daarvan. Met die kommissie se opdrag vir die ondersoek wat Vrydag in  … Lees meer


    Ridder en Rampokker

    Augustus 23rd, 2017

    Ridder Vandeesweek se ridder is Marieta Groenewald, ʼn boer van die Vrystaat, wat kinders wat identiteitsloos is help om hul voete te vind. Daar is talle kinders in Suid-Afrika wat nie identiteitsdokumente het nie. Bo en behalwe die feit dat hulle nie kan bewys lewer oor wie hulle is nie,  … Lees meer


    Rooibos koeksisters

    Augustus 23rd, 2017

    In dié resep word die tradisionele Suid-Afrikaanse, gebakte genot, koeksisters, bietjie aangepas. Ons voeg twee van Suid-Afrika se gunstelinge bymekaar om jou idee van koeksisters te verryk. Die resep maak 20 koeksisters. Bestanddele 500 g suiker 1 kaneelstokkie ¼ t. fyn gemmer 1 koppie sterk Rooibostee ½ koppie suurlemoensap 1½  … Lees meer


    Sjokolade marmerkoek

    Augustus 17th, 2017

    Hetsy jy ʼn koek moet bak vir ʼn kerkbasaar, verjaarsdag of sommer net ʼn lekker nagereg vir ʼn ete by jou skoonma, bly dié sjokolade marmerkoek ʼn wenner. Dit gaan slegs vyftig minute van jou tyd in beslag neem, maar dit gaan beslis jou gaste se mond vir nog ure  … Lees meer


    Ridder en Rampokker

    Augustus 17th, 2017

    Ridder Hierdie week se ridders is die groep mense wat vir Kosie van der Merwe bygestaan het nadat sy selfoon by ʼn verkeerslig in Witbank gesteel is. Volgens Van der Merwe het daar ʼn volgepakte minibustaxi langs hom gestaan. “Hulle het die man gevloek en geskel, maar hulle is ook  … Lees meer


    Gelukkige vrouemaandtrekking

    Augustus 17th, 2017

    Van ʼn vrou in vandag se wêreld word baie verwag: Sy moet ʼn goeie huweliksmaat wees, haar deel in die werkpel en by die kerk doen – én ʼn perfekte ma wees. Solidariteit vier vroue tydens Augustus en gaan Christelle Webb-Joubert se dagstukkieboek, Dagstukkies vir besige vroue in ʼn trekking  … Lees meer


    Groot aantal onderwysers het gewoonte om nie klas by te woon

    Augustus 17th, 2017

    City Press berig dat daar in ʼn ondersoek deur die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming (CDE) bevind is dat leerlinge jaarliks ongeveer 40% van hul leertyd in die klas misloop omdat onderwysers die gewoonte het om nie klas toe te gaan nie. Die resultate van die ondersoek wat op 1  … Lees meer


    Sakke propvol voordele vir Solidariteit-lede

    Augustus 11th, 2017

    Solidariteit-lidmaatskap is lankal nie meer net werksbeskerming nie. Om lid van Solidariteit te wees, is om deel te wees van ʼn gemeenskap van werknemers wat saam bou aan Suid-Afrika se ekonomie om ʼn beter toekoms vir die volgende geslag te skep. ʼn Verskeidenheid van vakbondvoordele is beskikbaar vir Solidariteit-lede, afhangend  … Lees meer


    Aardklop-feesterrein weer op die Bult 

    Augustus 10th, 2017

    Die Bult as feesterrein was nog altyd Aardklop (2-8 Oktober) se hartklop – en dié jaar is dit weer so. Die feesterrein wat van 3-7 Oktober oop is, is die plek waar mense ontmoet, waar hulle skoene uitskop en lafenis soek, waar hulle geskenkies soek om huis toe te neem  … Lees meer


    Wenke vir miere in en om jou huis

    Augustus 10th, 2017

    Meeste van ons glo in leef en laat leef, maar wanneer die oulike rytjie van drie hardwerkende miere by die dag verdubbel en hulself knuppeldik eet aan al jou geseëlde versnaperinge of wanneer jy elke oggend die heuningpot moet afvee voordat jy dit in jou tee kan gooi, begin jy  … Lees meer




    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close