BEL ONS: 012 644 4300

Korrupsie

Dinsdag | 22 September | 2015 1. Plaaslike regering

Korrupsie en finansiële onreëlmatigheid vier hoogty in plaaslike regering en het ‘n ontsettende uitwerking op die lewe van gemeenskappe. As die regering se koppelvlak met die publiek is dit amptenare wat broodnodige en skaars hulpbronne onreëlmatig bestee, aanvra of verkwis, wat hierdie hulpbronne wegkeer van noodsaaklike diensleweringsfunksies en plaaslike ekonomieë.  … Lees meer

Maandag | 21 September | 2015 2. Tenderpreneurskap

Tenderpreneurskap, versluier as ‘n manier om voorheen benadeelde sakelui te bemagtig, het een van die verderflikste vloeke van die nuwe Suid-Afrika geword. Dit is geheel en al sistemies, dit het ontaard in onverdunde baantjies vir boeties en kos die ekonomie elke jaar miljarde. In sy mees basiese vorm behels tenderpreneurskap  … Lees meer

Sondag | 20 September | 2015 3. Tshwane se voorafbetaalmeters

Wat gelyk het soos ‘n wyse maatreël wat daarop gemik was om die niebetaling vir elektrisiteit in die Stad Tshwane te bekamp, is onthul as ‘n uiters duur en korrupte warboel. Die DA het dit gelykgestel aan agt Nkandlas, en dit is nog ‘n voorbeeld van die gruwelike en verderflike  … Lees meer

Saterdag | 19 September | 2015 4. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens

Korrupsie in die polisie is ‘n baie ernstige aangeleentheid aangesien kwessies rakende geregtigheid en verantwoordbaarheid op die spel is. Misdadigers met baie kontant kan polisiebeamptes omkoop om sake teen hulle te dwarsboom, terwyl arm mense geregtigheid ontsê word omdat hulle eenvoudig nie die middele het om polisiebeamptes te betaal om  … Lees meer

Vrydag | 18 September | 2015 5. Die metropolisie

‘n Eenvoudige Google-soektog met die terme “metro police” en “corruption” lewer 123 000 resultate binne 0,3 sekonde op. ‘n Soektog met “corruption” en “bribes” lewer onmiddellik 35 000 resultate op. Hierdie instelling oorheers dikwels nuushoogtepunte om al die verkeerde redes. Metropolisiebeamptes word gereeld daarvan beskuldig dat hulle omkoopgeld van motoriste  … Lees meer

Donderdag | 17 September | 2015 6. Prasa

Die beleërde Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) steier onder onlangse onthullings oor ‘n korrupte tender waardeur R620 miljoen vermors is op ondoelmatige lokomotiewe. Berigte in die Afrikaanse Sondagkoerant Rapport toon hoe die voormalige uitvoerende hoof, Lucky Montana, op groot skaal en onreëlmatig baat gevind het by Prasa se tenders met maatskappye  … Lees meer

Woensdag | 16 September | 2015 7. Vals kwalifikasies

Sedert die skandelike onthullings dat die ANC-woordvoerder Carl Niehaus gelieg het oor sy kwalifikasies, is baie grootkoppe in die regering ontmasker as kwalifikasievervalsers. Hoewel hulle nie regstreeks omkoopgeld ontvang of tenders manipuleer nie, pluk hulle die wesenlike finansiële en ander voordele van hulle posisies uitsluitlik danksy hulle bedrieglike CV’s. Dit  … Lees meer

Dinsdag | 15 September | 2015 8. Binnelandse Sake

As gevolg van die aard van, en funksies verrig deur, die Departement van Binnelandse Sake is hierdie departement ongelooflik kwesbaar vir korrupsie. Sonder ’n identiteitsdokument of geboortesertifikaat kan ’n mens nie vir werk aansoek doen, studeer, ’n bestuurslisensie kry of die meeste persoonlike en professionele take verrig nie. Dit beteken  … Lees meer

Maandag | 14 September | 2015 9. Die kabinet en parlement

Dit moet ’n sorgwekkende teken wees dat die politieke bewaarders van die land betrokke raak by massief korrupte praktyke en roekeloos omgaan met belastingbetalers se geld. Byvoorbeeld, in 2006 is 14 ANC-LP’s skuldig bevind en beboet nadat hulle skuldig gepleit het op aanklagte van diefstal en bedrog met die misbruik  … Lees meer

Maandag | 14 September | 2015 10. Nkandla

As gevolg van intense en dikwels sensasionele mediadekking en die opposisiepartye se uitbuiting van die kwessie het president Jacob Zuma se woning (saam met allerlei fieterjasies) die prominentste geval van korrupsie en die misbruik van openbare fondse die afgelope tyd geword. Die Openbare Beskermer het in haar verslag oor die  … Lees meer

Registreer / Register

Maak toe / Close