BEL ONS: 012 644 4300

Mediaverklarings

Woensdag | 25 November | 2020 Solidariteit en AfriForum: strafregtelike klagte teen Malema

Solidariteit en AfriForum het vandag strafregtelike klagtes van laster, sameswering vir die aanhitsing tot geweld en aanranding deur middel van dreigemente by die Lyttelton-polisiekantoor ingedien teen Julius Malema, leier van die EFF.   Meer as 1 000 polisiebeamptes het Solidariteit genader met kommernisse oor dreigende uitlatings wat Malema onlangs teenoor  … Lees meer

Dinsdag | 24 November | 2020 Gesondheidstelsel ‘n ramp indien nie dringend ingegryp word

Solidariteit het vandag die ondoeltreffende en skadelike proses waardeur junior gesondheidspratisyns vir internskappe geplaas word, aan die groot klok gehang. Dit volg nadat talle afgestudeerde voornemende dokters nie deur die departement van gesondheid geplaas is om hul internskappe te voltooi nie. Paul Maritz, bestuurder van Solidariteit Jeug en Loopbaanontwikkeling, verduidelik:  … Lees meer

Dinsdag | 24 November | 2020 Senwes ondermyn onderhandelinge

Solidariteit het die optrede van Senwes tydens onderhandelinge tussen vakbonde en verskeie werkgewers wat deel van die Graanbedingingsraad vorm, ten sterkste veroordeel. Riaan Visser, adjunkhoofsekretaris van Mynbou, Landbou en Sement by Solidariteit verduidelik: “Ons is uiters teleurgesteld in Senwes se gedrag. Ons kon alreeds tot ʼn vergelyk kom met alle  … Lees meer

Maandag | 23 November | 2020 Comair: Oorwinning vir werknemers en arbeidsverhoudinge

Solidariteit het vandag die uitspraak in die arbeidshof dat ʼn kollektiewe ooreenkoms tussen Comair en Solidariteit gehandhaaf word, verwelkom. Volgens Solidariteit bied hierdie uitspraak meer sekerheid en vertroue aan werknemers, werkgewers, sowel as die lugredery se beleggers. “Dit was van kardinale belang dat hierdie ooreenkoms geldig bly om die voortbestaan  … Lees meer

Donderdag | 19 November | 2020 Uitspraak voorbehou in Comair-saak

Uitspraak is vandag voorbehou in die saak wat Numsa teen Solidariteit en Comair voer. Die saak, waarin Numsa vra dat ʼn kollektiewe ooreenkoms wat tussen Solidariteit en Comair gesluit is, nie op hulle van toepassing moet wees nie, is in die arbeidshof aangehoor.   Die lugredery is tans in sakeredding  … Lees meer

Woensdag | 18 November | 2020 Solidariteit in hof om Comair en werknemers te red

Solidariteit sal môre in die arbeidshof wees in ʼn saak wat Numsa teen hom en Comair aanhangig gemaak het. Numsa dring daarop aan dat ʼn kollektiewe ooreenkoms tussen die lugredery en onder meer Solidariteit en sy lede geskrap moet word. Die afskaffing van die ooreenkoms sal meebring dat Comair sy  … Lees meer

Donderdag | 12 November | 2020 Ramptoestand belemmer enige hoop op groei of werkskepping

Solidariteit huldig die standpunt dat daar geen hoop is om die ekonomie reg te ruk of werk te skep totdat die ramptoestand nie in sy geheel opgehef is nie. Dit volg nadat die jongste vrystelling van die kwartaallikse arbeidsmarkopname (QLFS) deur Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) aangedui het dat Suid-Afrika tans die  … Lees meer

Donderdag | 12 November | 2020 Solidariteit na hof omdat NSFAS studente se toekoms steel

Solidariteit Jeug het vandag ʼn dringende hofaansoek teen die nasionale finansiële hulpskema (NSFAS) gebring om dié hulpskema te dwing om onmiddellik alle beurse waartoe hy hom kontraktueel verbind het, te heraktiveer en sy finansiële verpligtinge dienooreenkomstig na te kom. Die aansoek volg nadat NSFAS in sy reaksie op Solidariteit se  … Lees meer

Sondag | 08 November | 2020 Netbal SA dalk binnekort in hof gepak oor rasreëls

Solidariteit het Vrydag, 6 November ʼn skrywe aan Netbal SA gerig waarin hul dreig met regsaksie indien die federasie nie afstand doen van hul reëls in verband met wat die rassesamestellings van spelers op ʼn gegewe oomblik op die baan mag wees nie. Dit volg nadat ʼn span op 25  … Lees meer

Donderdag | 05 November | 2020 Dreigende hofsaak oor bedrog by SAPO

’n Dringende hofaansoek sal so gou soos volgende week teen die Suid-Afrikaanse Posdiens (SAPO) gebring word, sou hy nie gehoor gee aan ’n aanmaning van Solidariteit wat daarop aandring dat die posdiens bewys moet lewer dat al sy statutêre en kontraktuele verpligtinge teenoor sy werknemers tot op hede nagekom is  … Lees meer

Registreer / Register

Maak toe / Close