BEL ONS: 012 644 4300

Mediaverklarings

Dinsdag | 19 Februarie | 2019 South32-afleggings kan tot 500 poste raak – Solidariteit

Die vakbond Solidariteit het vandag met kommer bevestig dat hy ʼn afleggingskennisgewing van die maatskappy South32 se Hillside-smeltery in Richardsbaai ontvang het. Volgens die kennisgewing kan hierdie afleggingsproses ʼn impak op tot soveel as 30 000 mense se lewens hê, wat ʼn ingrypende effek op die Richardsbaai-omgewing tot gevolg sal hê.  … Lees meer

Vrydag | 15 Februarie | 2019 Eskom: Solidariteit bied hulp aan met vaardigheidstekort

Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn kennisbank op sy webbladsy https://solidariteit.co.za/eskom-kennis/ bekend gestel waar ingenieurs en tegnici wat oudwerknemers van Eskom is, kan registreer sodat hul vaardighede opnuut gewerf kan word om te help om die Eskom-krisis te verlig. Die skepping van hierdie kennisbank volg op president Cyril Ramphosa en die  … Lees meer

Donderdag | 14 Februarie | 2019 Solidariteit maak regsaksie teen BLF bekend

Solidariteit het vandag tydens ʼn mediakonferensie aangekondig dat hy namens verskeie ouers van die slagoffers van die Driehoek-skoolramp ʼn klag by die SAPD, asook by die gelykheidshof teen lede van die Black First Land First (BLF) gaan lê. Solidariteit het ook gesê dat hy, afgesien van dié klagte, ook ʼn  … Lees meer

Donderdag | 14 Februarie | 2019 Sibanye Stillwater reik artikel 189-kennisgewing uit

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het gesê dat die artikel 189-kennisgewing wat Sibanye Stillwater vandag uitgereik het, en wat 6 678 (kontrakteurs ingesluit) werksverliese tot gevolg kan hê, nie as ʼn verassing kom nie. Sibanye het al in Junie 2018 met die afskop van die goudsektor se salaris-onderhandelinge aangedui  … Lees meer

Dinsdag | 12 Februarie | 2019 Stem nee teen Discovery Bank se rasseplan

Discovery gaan in Maart ʼn nuwe bank loods. Hulle noem dit ʼn nuwegenerasie-bank, die eerste gedragsbank waar mense voordele volgens hul gedrag gaan verdien. Kliënte kry beter of slegter voordele afhangend van hul finansiële gedrag. Dit is ʼn innoverende, blink idee – goeie gedrag bepaal jou voordele. Discovery Bank gaan  … Lees meer

Maandag | 11 Februarie | 2019 Staatsrede: Bevestiging van NGV, slegte nuus vir Suid-Afrika

Solidariteit se Beroepgilde vir Gesondheidspraktisyns het vandag hul geweldige kommer uitgespreek oor president Ramaphosa se stelling dat die NGV-wetsontwerp binnekort voor die parlement sal dien vir promulgasie. Dit volg nadat ʼn weergawe van die wetsontwerp einde laasjaar deur die kabinet afgekeur is weens verskeie gebreke. Dit het ook hewige kritiek  … Lees meer

Vrydag | 08 Februarie | 2019 Ramaphosa sê dat meer staatsinmenging tot oplossings sal lei

Solidariteit het vandag in reaksie op president Ramaphosa se staatsrede gesê dat dit duidelik is dat die regerende party se basiese uitgangspunt is dat meer staatsbeheer tot beter resultate sal lei en dit ten spyte van die jare lange rampspoedige gevolge wat deur staatsinmenging veroorsaak is. Die hardnekkige deurvoer van  … Lees meer

Dinsdag | 05 Februarie | 2019 Solidariteit pak BLF ná uitsprake oor dood van kinders

Solidariteit het vandag bekend gemaak dat hy reeds opdrag aan sy prokureurs gegee het om hofstukke op te stel om ondermeer die BLF-woordvoerder, Lindsay Maasdorp, aanspreeklik te hou vir sy uitsprake na die Hoërskool Driehoek-tragedie aan die einde van verlede week. Verskeie ouers en vriende van die slagoffers het Solidariteit  … Lees meer

Sondag | 03 Februarie | 2019 Hoërskool Driehoek: Ons gaan teen BLF optree – Dirk Hermann

Talle van die beseerde kinders se ouers is lede van Solidariteit en ʼn kind van een van Solidariteit se verteenwoordigers is steeds in ʼn ernstige toestand in die hospitaal. Die Solidariteit-strukture in die Vaaldriehoek reik op verskeie maniere uit na die slagoffers en hul gesinne. Solidariteit wil sy skok oor  … Lees meer

Vrydag | 01 Februarie | 2019 Solidariteit Jeug: Departement betaal nie mediese interns

Solidariteit Jeug het vandag die Gautengse Departement van Gesondheid gemaan om mediese interns wat onlangs geplaas is, wie nie gister betaling ontvang het nie, dadelik te betaal. Solidariteit Jeug het voorts bekend gemaak dat hy op Maandag 4 Februarie ʼn klag by die Departement van Arbeid gaan indien rakende dié  … Lees meer

Registreer / Register

Maak toe / Close