BEL ONS: 012 644 4300

Mediaverklarings

Dinsdag | 19 Mei | 2020 Inperking: Denel kan nie salarisse bekostig

Solidariteit het op 18 Mei met Denel vergader nadat hy kommunikasie vanaf Denel ontvang het wat aangedui het dat dit nie vir die wapenvervaardiger moontlik sal wees om aan die einde van Mei sy werknemers se salarisse te betaal nie.   “Die huidige inperkingsmaatreëls vererger die situasie waarbinne Denel homself  … Lees meer

Saterdag | 16 Mei | 2020 Solidariteit: planne na Konstitusionele Hof oor rashulp

Die Konstitusionele Hof het Solidariteit se aansoek om direk na die Konstitusionele Hof te appelleer van die hand gewys. Die aansoek is gedoen nadat die Noord-Gautengse hooggeregshof beslis het dat dit geregverdig is om ras as kriterium te gebruik om te bepaal wie hulp tydens die Covid-19 krisis mag kry.  … Lees meer

Woensdag | 13 Mei | 2020 Inperking: Solidariteit vra rolspelers om regering te druk

Solidariteit het vandag briewe aan meer as 10 000 rolspelers in die ekonomie gestuur en gevra dat druk op die regering geplaas word om die huidige staat van inperking radikaal te hersien. Die rolspelers sluit etlike duisende klein- en mediumgrootte organisasies, groot ondernemings soos Sasol, ArcelorMittal, mynhuise, werkgewer- en sakeorganisasies soos  … Lees meer

Dinsdag | 05 Mei | 2020 Solidariteit, AfriForum na Konstitusionele Hof teen rashulp

Solidariteit en AfriForum se regsspanne het vandag hofstukke uitgereik waarin hulle die Konstitusionele Hof direk op ’n dringende basis nader om appèl aan te teken teen die hooggeregshof se beslissing wat aan die departement van toerisme die groen lig gee om met die toekenning van Covid-19-hulp, ras as maatstaf te  … Lees meer

Maandag | 04 Mei | 2020 Solidariteit lê klag teen Minister van Kleinsake by polisie

Solidariteit het vandag ʼn strafregtelike klag teen die Minister van Kleinsakeontwikkeling, Khumbudzo Ntshavheni, by die Lyttelton-polisiestasie gelê.   Die klag sluit onder andere meineed in. Dit volg nadat die minister onder eed in hofstukke aan Solidariteit onderneem het dat ras nie ’n rol speel as maatstaf vir hulp aan kleinsakeondernemings  … Lees meer

Donderdag | 30 April | 2020 Solidariteit gaan grondwethof vra om te beslis oor rashulp

Solidariteit het bekend gemaak dat hy die grondwethof gaan vra om op ʼn dringende basis te beslis of die toekenning van hulp op grond van ras grondwetlik is. Dit volg nadat die Noord-Gautengse hooggeregshof uitspraak gelewer het dat die Departement van Toerisme se besluit om ras as maatstaf vir hulp  … Lees meer

Woensdag | 29 April | 2020 Solidariteit dringend na hof as Kleinsake rashulp gebruik

Solidariteit het vandag in ʼn dringende skrywe aan die minister van Kleinsakeontwikkeling, Khumbudzo Ntshavehni, daarop aangedring dat sy daarvan moet afstand doen om ras as kriterium vir die kwalifisering van hulpfondse tydens die Covid-19-pandemie te gebruik. Dit volg nadat sy op Dinsdag, 28 April erken het dat ras wel in  … Lees meer

Woensdag | 29 April | 2020 Regering moet na SA medici omsien terwyl Kubane bevoordeel

Die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns en Verpleegkunde neem kennis van die regering se invoer van Kubaanse medici, ingenieurs en personeel met die doel om die koronavirus in Suid-Afrika te beveg. Dit moet egter ook gesien word in die lig van die feit dat ’n groot aantal medies gekwalifiseerde Suid-Afrikaners tans  … Lees meer

Dinsdag | 28 April | 2020 Solidariteit, AfriForum teen Toerisme: uitspraak voorbehou

Uitspraak in Solidariteit en AfriForum se hofsaak teen die departement van toerisme is vandag in die Noord-Gautengse hooggeregshof voorbehou. Die uitspraak sal binne die week aan per e-pos aan die betrokke partye gelewer word. Dit volg nadat die twee organisasies hulle tot die hof gewend het om te vra dat  … Lees meer

Maandag | 27 April | 2020 Solidariteit stel voor almal wat gesond kan werk, moet werk

Solidariteit het vandag voorstelle gemaak waarin gevra word dat alle werknemers wat gesond kan werk moet kan terugkeer werk toe waar moontlik. “Ons loop die risiko dat die ekonomie onherstelbaar beskadig word deur ’n lomp inperking, wat ons vermoë om die stryd teen Covid-19 te voer, ernstig sal belemmer. Daarom  … Lees meer

Registreer / Register

Maak toe / Close