BEL ONS: 012 644 4300

Nuus uit Solidariteit Bedrywe

Donderdag | 08 Maart | 2018 Eskom betaal kontroversiële GEPF/PIC-lening terug met rente

BusinessLive berig dat Eskom die leningsfasiliteit terugbetaal het wat die Pensioenfonds vir Staatsamptenare (GEPF) in Februarie deur middel van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) aan hom voorgeskiet het, en het in die proses klaarblyklik ook rente van R30 miljoen betaal. Die twee organisasies het Maandag aangedui dat die bedrae op 1  … Lees meer

Donderdag | 08 Maart | 2018 Listeriose-uitbraak sal nie nou tot werksverliese lei nie

Fin24 berig dat Dawie Maree, hoof van bemarking en inligting by FNB Business Agriculture, gesê het dat die huidige uitbreking en daaropvolgende verspreiding van listeriosebesmetting vanaf sekere vleisverwerkingsaanlegte in Suid-Afrika waarskynlik nie werksverliese oor die kort termyn tot gevolg sal hê nie. By ʼn vervaardigingsaanleg is die meeste poste permanent  … Lees meer

Donderdag | 01 Maart | 2018 Sibanye-Stillwater verwyder meeste onwettige mynwerkers uit skagte

Reuters rapporteer dat Sibanye-Stillwater, die vervaardiger van edelmetale, het verlede jaar in ‘n blitz byna 1 400 onwettige mynwerkers in sy Suid-Afrikaanse goudmynskagte gearresteer. Laasgenoemde het grootliks die bedrywighede in die myne tot stilstand gebring. Onwettige goudmynbedrywighede kos die regering en die bedryf meer as R20 miljard per jaar as gevolg  … Lees meer

Donderdag | 01 Maart | 2018 Derde Gupta-myn, Shiva Uranium betaal werkers nie betyds nie

BusinessLive rapporteer dat volgens ‘n werker by die Shiva Uranium-myn in Klerksdorp, Noord-Wes wat deur die Guptas besit word, die werknemers in die steek gelaat is nadat die maatskappy nie hulle salarisse verlede week betaal het nie. “Ons Februarie-salarisse is nie aan ons betaal nie. Ons is in kennis gestel  … Lees meer

Donderdag | 22 Februarie | 2018 Dokumentêr oor werksdruk van SA se junior dokters wêreldwyd vrygestel

ANA berig dat die plaaslik vervaardigde dokumentêr Doc-U-Mentally – wat die uitermatige druk belig waarmee junior dokters in Suid-Afrika te kampe het,– gaan Maandag wêreldwyd via Amazon, iTunes en Google Play vrygestel word. Nicole Jennings, ʼn woordvoerder van een van die borge Pharma Dynamics, het gesê: “Ons het uit die  … Lees meer

Donderdag | 22 Februarie | 2018 Die SAID verwelkom ondersoek na belastingadministrasie

Aldus Engineering News verwelkom die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) president Cyril Ramaphosa se voorneme om ʼn kommissie van ondersoek na belastingadministrasie en bestuur by die SAID aan te stel. Ramaphosa het verlede week tydens sy eerste staatsrede gesê dat hy binnekort ʼn kommissie van ondersoek na belastingadministrasie en bestuur by die  … Lees meer

Donderdag | 15 Februarie | 2018 Minimum loon kan deur kollektiewe bedinging aangevul word

Volgens Engineering News het die departement van arbeid gesê dat lone bo nasionale minimum loon deur kollektiewe bedinging verhoog sal word sodra dié vergoeding op 1 Mei ingestel word. Die nasionale minimum loon (NML) waarop daar by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) ooreengekom is, is op R20 per  … Lees meer

Donderdag | 15 Februarie | 2018 Sappi versterk leiersposisie in oplossende pulp

Volgens Engineering News beoog die pulp- en papierprodusent, Sappi, om teen 2020 sy sakebedrywighede in Suid-Afrika, Europa en die VSA aansienlik uit te brei. Dit sal begin met die voorbereidingswerk vir potensiële uitbreiding van sy Suid-Afrikaans gebaseerde Saiccor-meule vir oplossende houtpulp (DWP – “dissolving wood pulp”). Die Suid-Afrikaanse groep verskaf  … Lees meer

Donderdag | 08 Februarie | 2018 Die mynbou-indaba begin met die kollig op die veiligheid

Die 2018-mynbou-indaba het Maandag in Kaapstad begin en aldus ANA het gesondheids- en veiligheidskwessies in die mynbedryf die botoon gevoer in die gemoedere van afgevaardigdes. Die veiligheid by myne het verlede week opnuut in die soeklig gekom toe meer as 950 werkers vir twee nagte lank vasgekeer was in Sibanye-Stillwater  … Lees meer

Donderdag | 08 Februarie | 2018 BMW SA open opleidingsentrum by Rosslyn-aanleg

Volgens Engineering News het die BMW-groep van Suid-Afrika (BMW SA) verlede week ʼn nuwe opleidingsakademie ter waarde van R73 miljoen by sy Rosslyn-aanleg in Pretoria ingewy. Hierdie fasiliteit van 6 000 vierkante meter kan 300 vakleerlinge per jaar oplei. “Motorproduksie wêreldwyd staan op die drempel van enorme veranderings met toenemende klem  … Lees meer

Registreer / Register

Maak toe / Close