BEL ONS: 012 644 4300

VN Reis

Donderdag | 11 Augustus | 2016 [LUISTER]: Dr Dirk Hermann bedank jou vir VN sukses

Die Solidariteit Beweging het die afgelope week groot welslae op die internasionale front behaal deur die Suid-Afrikaanse regering se rassebeleid by die VN uit te daag. Dr. Dirk Hermann, bedank Suid-Afrikaners vir hul ondersteuning teen rassekwotas.

Woensdag | 10 Augustus | 2016 Vonke spat by Verenigde Nasies – Solidariteit

Die vakbond Solidariteit sê dat gemoedere vandag hoog geloop het by die sitting van die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie. Suid-Afrika se beleid oor regstellende aksie was veral onder die vergrootglas ná Solidariteit se aanbieding vroeër vandeesweek. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van  … Lees meer

Woensdag | 10 Augustus | 2016 [Luister]: Lid van VN-komitee vergelyk SA-regering se raskwotas met apartheid

Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat lede van die VN-komitee die SA-regering se raskwotas met apartheid vergelyk het. Dit volg nadat John Jeffrey, Suid-Afrika se adjunkminister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, gistermiddag die Suid-Afrikaanse regering se verslag oor regstellende aksie aan die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing  … Lees meer

Woensdag | 10 Augustus | 2016 Lid van VN-komitee vergelyk SA-regering se raskwotas met apartheid

Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat lede van die VN-komitee die SA-regering se raskwotas met apartheid vergelyk het. Dit volg nadat John Jeffrey, Suid-Afrika se adjunkminister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, gister middag die Suid-Afrikaanse regering se verslag oor regstellende aksie aan die Verenigde Nasies se komitee vir die  … Lees meer

Dinsdag | 09 Augustus | 2016 VN verrigtinge hervat vandag

Die verrigtinge by die Verenigde Nasies hervat vandag.  Solidariteit en AfriForum het ‘n privaatgesprek met die Komitee vir die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie om standpunte te verduidelik en vrae te beantwoord. Die adjunk-minister van Buitelandse Betrekking gaan Suid-Afrika se verslag vanaf 15:00 aanbied. Luister hier na insetsels van  … Lees meer

Maandag | 08 Augustus | 2016 Om ’n toekoms te bou op grond van ras

Wat ons aan u voorhou is ’n stelsel van regstellende aksie wat te ver gegaan het. ’n Stelsel wat so verstrik geraak het in ras dat regstelling verlore gegaan het. ’n Stelsel wat verskillende silo’s van rasse permanent institusionaliseer. In ons verslag dui ons aan dat die stelsel verder gaan  … Lees meer

Vrydag | 05 Augustus | 2016 Solidariteit pak regering by VN oor kwotas

Solidariteit en die Suid-Afrikaanse regering gaan mekaar Maandag (8 Augustus) by die sitting van die Verenigde Nasies se Komitee vir die Uitwissing van alle Vorme van Rassediskriminasie pak oor die regering se beleid van rassekwotas in die werkplek. ’n Verslag wat sowat ’n jaar gelede deur Solidariteit by die Verenigde  … Lees meer

Renate in die konstitusionele hof net voor die uitspraak teen haar in 2014.
Donderdag | 04 Augustus | 2016 Renate Barnard: ’n Kampvegter vir billikheid

Solidariteit het na aanleiding van die uitspraak van die konstitusionele hof in 2014 waarvolgens Renate Barnard, voormalige luitenant-kolonel in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), haar saak van onbillike diskriminasie teen die SAPD verloor het, besluit om die stryd oor rassekwotas by die Verenigde Nasies voort te sit. ʼn Afvaardiging van Solidariteit  … Lees meer

Registreer / Register

Maak toe / Close